Terwyl ek in die Fidji eilande was vir ʼn paar maande het ek baie kontak gehad met toeriste uit al die uithoeke van die wêreld. In die bestek van tyd het ek dertig van die eilande besoek. Toeriste uit Europa wat Christene was kon ek op my een hand tel. Fidji het die evangelie gehoor minder as twee eeue gelede en vandag op elk van die honderd bewoonde eilande is daar ʼn Kerk. Meestal Metodiste wat die grootste denominasie beslaan. Hier het Christus se invloed kannibalisme, veelwywery en barbaarsheid uitgeroei binne ʼn paar dekades. Mense soos Voro Voro het ʼn gedokumenteerde 800 mense geëet. Thomas Baker een van die eerste sendelinge is ook opgeëet en in die museum is daar slegs sy stewel te sien. Maar, die vrugte van saad wat geplant was, is honderdvoudig te sien waar beginsels, kultuur uitgegooi het. Wanneer kultuur nie rym met Bybelse beginsels nie is dit uitgegooi. Wat my getref het in Fidji is die getal toeriste wat die kerke besoek weens die sang en kultuur is dat, die wêreld kom nou na Fidji vir die evangelie en nie meer die wêreld na Fidji toe nie. Duisende toeriste word blootgestel aan die evangelie. Hier het die evangelie ʼn impak gehad wat nie ʼn mengelmoes van Fidji kultuur en Christendom is nie. Dit, is egter anders in Afrika Christendom soos ons sal sien.

David Wells, navorsing professor by Gordon-Conwell Teologiese Seminaar in sy artikel in die Modern Reformation van Julie 2010 sê, dat daar is nou meer Anglikane in Nigerië as in Engeland. Op ʼn Sondag in Zambië sal 80 persent in een of ander kerk wees. Daar word geraam dat daar huidiglik 360 miljoen Christene in Afrika is. Volgens Phillip Jenkins in sy boek, The Next Christendom, het die Christelike geloof dus gemigreer van Europa na die globale Suide. Christendom is nou van oorwegend geleerde wit na ietwat ongeleerde swart en bruin.

Statistiek is slegs een deel van die storie, dit vertel nie van die graad van teologiese geletterdheid onder die 360 miljoen. Ek bedoel nie hier akademiese opleiding nie maar geskoold in die basiese beginsels van, wat leer die Bybel, die boodskap van die Bybel. Met die kennis word dit toegepas op die stamkultuur, wat bly en wat word uitgegooi in die lig van Bybelse beginsels. In Fidji is kannibalisme en veelwywery dadelik uitgewerp. Watter rol het die Bybel gespeel in Afrika met sy stamkultuur van voorvaderaanbidding, veelwywery, toordokters of soos dit verbloem word met die naam tradisionele genesers? Wat was die rol van die Bybel sedert Livingstone se dae en nou, wat se verandering kan ons sien in die 360 miljoen? Kom ons kyk wat die geskiedenis ons leer.

As jong man het William Wilberforce tot bekering gekom onder John Newton ʼn Anglikaan se boodskap. Toe hy vir Newton se raad vra of hy ʼn klerklike moet word toe het Newton aanbeveel hy moet ʼn politikus word, want daar lê sy talent. Dit was dan onder Wilberforce se leiding dat slawerny tot ʼn einde gekom het in 1806, net ʼn jaar voor Newton se afsterwe. Dit was egter nie die einde van slawerny nie en Sir Thomas Fowell het by Wilberforce oorgeneem as ʼn politikus, as Christen Quaker en kampvegter vir slawerny. Dit is hier waar Livingstone geïnspireerd geword het om Afrika toe te gaan oor die slawerny kwessie. Die stamme in Afrika het voorsien in die vraag van slawe deur diegene te verkoop wat in stamoorloë buit geneem is vir gewere en materiaal. Die Arabiere en Portugese was die vernaamste kopers van slawe. Livingstone het Afrika van Oos na Wes te voet gekruis, sy idee was dat voorspoed en handel in Afrika sal ʼn einde maak aan slawehandel. Om ʼn lang storie kort te maak het hy in al sy eksplorasie ʼn belangrike ding ontdek, en dit is dat Afrika gefragmenteer is in duisende stamme, elk met sy konings, tradisies, kulture en gebiede. Livingstone het besef dat dit nooit sal verander nie maar dat Christendom eenheid kan bring. Hy het egter nie rekening gehou by die kragtige invloed van volkstamkultuur in Afrika nie.

Dit was ook dan Brittanje se plan vir Indië met sy Hindoes en Moslems. In 1858 het Koningin Victoria alle pogings om die kolonies te verchristelik gestaak as ʼn mislukking. Volgens Niall Ferguson, The Rise and Demise of the British World Order and the Lessons of Global Power, het Livingstone egter gedink wat in Indië nie geslaag het nie sal in Afrika slaag. Deur Christendom, Handel en Beskawing.

Alhoewel daar weinig vrugte op Livingstone se werk as ʼn sendeling was, was daar tog baie saad gesaai vir die Koninkryk van God. Dit was wat daarna gebeur het met Brittanje se kolonialisme met Handel en Beskawing wat groot gevolge gehad het vir die Christendom wat nou te vore tree in die skaduwee van hierdie kolonialisme.

Kolonialisme het verhewe roepings gehad. Volgens Niall Ferguson het Brittanje nie net gedroom om die wêreld te regeer nie maar om te verlos van sy donkere barbaarsheid. Nie langer om dit te misbruik nie maar ander rasse te ontwikkel. Te beskaafd, die Franse en Brittanje wou Franse en Engelse maak met Europese kultuur, maar helaas dit het misluk en die Afrikane het verneder gevoel deur hulle besetters. Die Franse het gepraat van hulle mission civillisatrice. Daar is net ʼn mate van sukses behaal met die taal. Die Franse en Engelse kultuur het egter nie posgevat nie. Hulle is beskuldig van rassisme.

Die storie van Kolonialisme in Afrika kon anders verloop het en ʼn sukses storie gewees het soos in Hong Kong, Singapoer, Australië, New Zeeland, Indië, die Stille Oseaan eilande en Indië wat na die Koloniale tydperk gefloreer het. Dit is egter ʼn ander storie in Afrika met sy gefragmenteerde stamkulture. Hier is dit nie wat kolonialisme vir Afrika gedoen het nie maar wat kolonialisme aan Afrika gedoen het. Koloniale ryke het Afrika verlaat en ʼn suur smaak gelos van oorheersing deur vreemde kulture. Die goeie dinge egter soos goeie skool sisteme, goeie regering, handel strukture, Christelike kultuur, goeie boerdery metodes en wetenskap en vele ander dinge is en word vernietig. Die Engelse, Portugese, die Belge, Nederland het infrastruktuur gelaat soos spoorlyn verbindings in die hele Afrika. Hierdie beskawing het baie gou in tru-rat gegaan met agteruitgang in meeste dele van Afrika. Die feit is dat Afrika hedendaags nie veel verskil as wat Livingstone geken het meer as ʼn eeu vroeër. Is dit so in Suider Afrika ook die geval? Beslis, min frons vandag oor die terugkeer na Muti moorde, heksery, voorvader aanbidding, besnyding, veelwywery, toordokters, sg. Tradisionele genesers. Selfs veelwywery en tientalle kinders van Presidente word geduld as tradisie. Hier word Bybelse beginsels uitgegooi ter wille van tradisie en nie anders om soos dit behoort te wees nie. Waar sendeling in Afrika dromme, veelwywery, voorvadergeeste aanbidding, toordokters uitgegooi het terwyl hulle hul lewe gegee het word dit nou teruggebring, selfs in die Afrika Kerk. Korrupsie is in elke departement, ʼn kultuur van korrupsie word gehandhaaf.

Stam lojaliteit in Afrika strek veel dieper as nasionale konsiderasies, veral nou in Suid-Afrika nieteenstaande van die illusie van ʼn sogenaamde reënboognasie nie. ʼn Onbereikbare droom met die Afrikaner ook ʼn witstam met sy lot in Afrika. Toe kolonialisme verdwyn het, het die oorspronklike antieke stamgrense weer sy verskyning gemaak.

Daar is geen blywende vrede in die fragmenteerde Afrika nie, dus, is voorspoed is raar. Dit is onmoontlik om die armoede in Afrika te oordryf wat die direkte uitkoms is van gefaalde regering, volkstam gevegte, burgeroorloë, en die sistematiese korrupsie in regerings veral Suid-Afrika. Nieteenstaande die geweldige grote van hulpbronne insluitende goeie landbougrond en reënval, word Afrika gekenmerk volgens George B. N. Ayittey, Africa in Chaos, “bevuil in stomende morsigheid, ellende, deprivasie en chaos.” Almal vlug armoede, na Suid-Afrika, na die stede wat swel van 10 miljoen immigrante en vlugtelinge om hier te sit, te staar, op sypaadjie te sit en wag vir werk wat daar nie is nie in hulle tienduisende, te wag vir wie weet wat. Diegene vreemdelinge wat entrepreneurs is en suksesvol is, word geplunder, beroof deur jaloerse plaaslike volkstamme wat nie self die mas kan opkom nie in die naam van vreemdeling haat. Die wêreldbeker het weinig bygedra, kleingeld tot die ekonomie en is verby, die pragtige stadiums, die pride of the nation gaan in mot en roes agteruitgang beleef. Die Euforbia is verby nou terug na die werklikheid. Dit is heerlik om vakansie te hou selfs in Zimbabwe maar bly daar is ʼn ander saak met sy stamkultuur. Dit is heerlik om in Suid Afrika te kom sokker kyk maar bly daar is ʼn ander saak. Armoede sal nooit uitgeroei word nie dit is hier om te bly. Sosialisme is die laaste toevlug tot tydelike rykdom om alles te neem soos die myne tot verryking van sommige, en as alles klaar gemyn is, landbougrond klaar uitgedeel is en die natuur neem oor die destydse pragtige lande met gewasse dan kyk ons terug met honger mae na die nalatenskap van Afrika kultuur. Volgens George Ayittey is Afrika in die greep van ʼn ongeneeslike krisis.

Volgens die ekonomiese formule wat die Internasionale Monetêre Fonds gebruik is wat die Amerikaanse algemene burger kan koop met ʼn $, is die gekombineerde totaal van Suid Afrika, Angola, Chad, die DRC, die Republiek van die Kongo, Egipte, Gambia, Ghana, Listeria, Malawi, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Sudan, Uganda, Zambië, en Zimbabwe. In elke groot stad in Afrika, soos Kaapstad se swelling met sy vreemdelinge wat oor die grense heen kom na die laaste uitvlug van mislukte regerings sê Ryszard Kapuscinski in sy boek The Shadow of the Sun die volgende. “Hulle dryf hierdie kant toe en daardie kant toe, sit in die koelte, staar, slaap, niks om te doen nie. Niemand verwag dat hulle iets doen nie. Meeste is gewoonlik honger….lanterfanter, wag vir wie weet wat, bly wie weet waar-die aangapers van die wêreld.” Dit die agtergrond, van wat ons eintlik wil by uitkom is die ontwikkeling van Afrika Christendom.

Afrika Christendom.

In 1966 in Nigerië met die Afrika Konferensie van Kerke is die verklaring gemaak, dat wat Afrika Kerke nodig het is ʼn Afrika Teologie. Hierdie was ʼn antwoord aan kolonialisme en Apartheid. Selfs suiwere Bybelse teologie moes buig voor stamkultuur na die koloniale tydperk. Om die Afrikaan se verlore waardigheid te herstel het John Mbiti en Bolaji Idowu gepromoveer om tradisionele Afrika religie te aanvaar in teologie. Dit meen Christendom moet met die Afrika gees saamsmelt. God se woord het maar net een geword van baie. Afrika Christendom het meer Afrika geword as wat dit Christelik was. Die grootste kerke in Suid Afrika word so bedryf en die evangelie is nie meer sigbaar nie.

Dit was die een antwoord en die ander, om armoede en siektes aan te spreek is net so ʼn ramp. Die inname in Afrika Kerke deur die health-en-wealth Charismate en Pinkster van veral die Amerikas het sy stempel afgedruk tot verlies van skrifgefundeerde teologie. Die wan boodskap van die wonderwerkende Woord van God wat gesondheid en voorspoed bring het byval gevind in Afrika. Dit egter is weer meer Westers as Christelik. Gee net jou tiende en jy sal beloon word met werk, gesondheid, en voorspoed. Gee jy nie, dan ontvang jy nie, hoe groter jou saad hoe meer jou oes. Een van die duisende gevalle het ʼn vrou in Nairobi, Kenia, haar huis verkoop met die belofte van rykdom, die geld is terug Europa toe saam met een van die mees prominente voorspoed-gesondheids predikers. Toe hy weer kom, verkoop sy haar petrol stasie, sy was gelaat met niks want God het nie sy deel gedoen nie. Natuurlik is die skuld die vrou s’n, nie genoeg geloof gehad nie volgens hulle. Rhema is vol, oorwegend swart lidmate vanweë die desperate behoeftes aan gesondheid en voorspoed, werk, rykdom, ʼn BMW. Hoe wreed en harteloos is hierdie predikers wat die mense uitbuit deur onskriftuurlike beloftes.

Een Triljoen dollars is in die bodemlose put in Afrika gestort en nog word belowe. Dit is $1000 vir elke mens wat vandag lewe. Meeste van die land in die sakke van politici en korrupte leiers. Afrika kort dringend ʼn Christelike geloof wat rym met die Bybelse dogma. In sy boek Why Aid is not working in Afrika and How There is a Better Way to Africa sê Dambisa Moyo van Zambië dat geldelike hulp is die grootste hulp om Afrika in donkerheid te hou. Omrede dit hou die korrupte in mag, en kweek ʼn kultuur van afhanklikheid. Westelike hulp is ʼn siekte, ruk en rol sterre versamel geld in, akteurs wil elkeen sy aansien verhoog deur vir Afrika hulp te verleen. Dit is nie die genesing vir Afrika nie.

Slegs ʼn Afrika Kerk met integriteit en daaglikse opregtheid sal baie doen om korrupsie aan bande te lê wat eet aan die kern van Afrika nasies. Dit kan ook die uitmoor van ander volkstamme verminder. Nie die teologie van Desmond Tutu of Nelson Mandela se aansien bied enige oplossing nie.

Daar is egter sommige soos Tokunboh Adeyemo wat erken dat die Kerk in Afrika is ʼn myl breed en ʼn sentimeter vlak. Ongenoegsame kennis van die Bybel en onbybelse praktyke is die swakpunt van die Kerk.

Daar is ligpunte in Afrika waar skrifgefundeerde lesse in tien Afrika lande in weeshuise geleer word. Dit is in ʼn stel van 600 lesse en word nou meer wydverspreid gebruik. Uganda het dit nou ook in gebruik is sy skole. In die reënboognasie sal dit natuurlik nooit plaasvind nie. Dit is geskryf deur die Rafiki Foundation wat veral werk onder weeskinders wat wees gelaat is deur HIV. Hulle verskaf ook kort termyn uitreik vir die wat sending werk wil doen. Dan is daar ook die Afrika Bybelkommentaar in 2006 van 1600 bladsye geskryf deur 69 Afrika teoloë wat skrifgefundeerd is. Tokunboh het ʼn ere doktersgraad van Potchefstroomse Universiteit gekry vir sy werk. Dit kan Afrika Pastore help om ander Afrika evangelies die nek in te slaan en Afrika uit Christendom te kry.

Die Afrika geloof wat huidiglik heers moet verdiep word deur opleiding. Die verdieping sal nie kom deur sogenaamde herlewing en bekering in Charismania nie maar in die lering van goeie teologie. Die enigste manier wat lewens verander kan word, korrupsie verminder word, die onderliggende volkstam kultuur wat lei tot selfvernietiging verminder word, is as God se ware Bybel gefundeerde woord posvat.

Slegs genade.