Die Geskeurde Voorhangsel.

Deur Horatius Bonar

1808-1889

Inhoud

  • Inleiding tot die Geskeurde Voorhangsel.
  • Hoofstuk 1 Toegang tot gemeenskap met God.
  • Hoofstuk 2 Die ontstaan van die Voorhangsel.
  • Hoofstuk 3 Die Simboliese Voorhangsel.
  • Hoofstuk 4 Die Ware Voorhangsel.
  • Hoofstuk 5 Die Skeuring van die Voorhangsel.
  • Hoofstuk 6 Die Uitgediende Eerste Offerhande en die Daarstelling van die Tweede
  • Hoofstuk 7 Die Messias verborge in die Voorhangsel
  • Hoofstuk 8 Die Bloed verborge in die Voorhangsel
  • Hoofstuk 9 God Soekend na Aanbidders
  • Hoofstuk 10 God Soekend na Tempels
  • Hoofstuk 11 God Soekend na Priesters
  • Hoofstuk 12 God Soekend na Konings

Hoofstuk Vyf.
Die Skeuring van die Voorhangsel

Mat 27:50  Daarop het Jesus weer met ʼn groot stem geroep en die gees gegee.

Mat 27:51  En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

Die simboliese voorhangsel was geskeur en terselfdertyd was die ware Voorhangsel ook geskeur. Dit strek ons tot nadenke.

Die volgende is die woorde van die evangelis: “En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder” In nabetragting daaroor moet ons onderneem om die drama waarvan dit ʼn deel vorm, te realiseer. Die gedeelte verplaas ons na Jerusalem; dit plaas ons op berg Moria; dit neem ons na die tradisionele tempel op die uur van die aandoffer, wanneer die son, alhoewel laag in die hemel, nogtans sy strale reg oor die toring en bopunt, op die grys hange van Olievet skyn, waar duisende saamgekom het en wandel vir die groot Pasga Offerhande; dit stel ten toon die heilige saal met sy variëteit in meubelment van marmer, sederhout en goud; dit bring ons in die midde van die dienende priesters, almal bekleed vir diens. Dan meteens, asof die hemele geopen is, verplaas dit ons, en dra dit ons van die aardse, tot in hemelse plekke, sterflike tot die onsterflike Jerusalem, of soos geskrywe is deur een (Johannes op Patmos) wat dit aanskou het. Openbaring 21:22 “En ʼn tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam”

Soos liggaam en siel moet ons die hemelse gesamentlik neem. Die aardse son en die Son van geregtigheid moet hulle beligting saam laat smelt, en elk die ander openbaar. Die waters van die historiese en die vervulde fonteine moet samevloeiend wees. Die Kerk moet gesien word in Israel, en Israel in die Kerk; Christus in die altaar, en die altaar in Christus; Christus in die lam, en die lam in Christus; Christus in die versoendeksel, en die versoendeksel in Christus; Christus in Die Woord, en Die Woord in Christus, die Lig van Jehova se majesteit. Joh. 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. (Die Woord het vlees geword, die Shekinah glorie, God teenwoordig, die openbaring van God) Ons moet nie die skaduwee skei van die wesenlikheid nie, die materiële van die geestelike, die sigbare van die onsigbare koninkryk van die hemele in al sy glorie. Wat God saamgevoeg het, laat geeneen dit skei nie.

Self die ou Jood, indien ʼn gelowige, soos Simeon, het hierdie twee dinge as ʼn eenheid gesien, alhoewel in ʼn ander verhouding en orde wat verskillend was as wat ons geloof nou begryp. Vir die Jood was die visioen van die hemelse deur die aardse; vir ons is daar die visioen van die aardse deur die hemelse. Hy, staande aan die buitekant, sien die glorie deur die voorhangsel, soos een in ʼn vallei die sonskyn deur die wolke sien; ons wat geplaas is aan die binnekant, sien die voorhangsel deur die glorie, soos een wat ver op ʼn berg die wolke daar onder aanskou deur die sonskyn. Voorheen was dit die aardse wat die hemelse geopenbaar het, nou dit die hemelse wat die aardse verlig. Staande langs die koperslang, het Moses van ver af die Messias, die Geneesheer van die nasies waargeneem; staande, of sal ons liewer sê, sittende, in geloof langs dieselfde Messias in hemelse plekke, ons inteendeel aanskou die koperslang van ver. Van die rots van Horeb, kon die vaders van Israel, hulle oë opgeslaan, om van veraf ʼn voorsmakie te kry van die water van lewe wat uit die ewige lewende Rots vloei; ons naby die hemelse fontein wat uit die troon van God vloei, kyk met erkenning benede na die oue woestyn rots, met sy voortvloeiende borrelende stroom. Nemend die woestyn manna in sy hand, kon Israel die ware brood van bo sien; ons, wat die brood van God in ons hande neem, kyk af op die woestyn manna, ons hoef nie saam met Israel nou te vra nie. “Wat is dit?”

Maar, kom ons aanskou: Die skeuring van die voorhangsel.

Dit was nuut in sy geskiedenis, en iets in verwondering te aanskou en te vra, wat is die mening hiervan? Is Jehova besig om Sy woning te verlaat?

  1. Dit was geskeur, nie vernietig deur vuur nie. Want nie die verwydering nie, nog minder die algehele vernietiging, was bedoel as ʼn tipe voorskou, maar die algehele transformasie daarvan , vanaf ʼn skeiding tot ʼn toeganklike opening. Deur die geopende weg tot in die Heiligste van Heiliges was die ingang; die nuwe en lewende weg; oor die plaveisel besprinkel met bloed.
  2. Dit was geskeur terwyl die tempel staande was. Het die aardbewing wat die aarde geskeur en die grafte oop laat gaan die tempel vernietig of die mure laat tuimel, kon die mens ʼn natuurlike verklaring vind dat dit die oorsaak was wat die voorhangsel laat skeur het. Maar, nou was dit gemanifesteer dat dit geen aardse hand, nog geen natuurlike ramp was wat die genadedeksel oop gegooi het nie, en die eeue lange kamer geheel en al toeganglik gemaak het soos ʼn wye saal wat toegang verleen vir almal wat wil ingaan, en waar almal mag aanbid.
  3. Dit was in twee geskeur. Dit het nie in stukke geval nie, dit was nie in stukke geskeur nie. Die skeur was skoon en reguit, gemaak deur ʼn onsigbare hand, en die in eksakte gelyke twee dele verdeel wat net so wel die verdeling van Christus se liggaam en gees kon versinnebeeld het, terwyl elke stuk nog deel van die tempel was, soos beide liggaam en gees deel van die Godheid kon bly; asook die oopgooi van die groot voudeure tussen aarde en hemel uitbeeld, en ʼn volledige herstel van gemeenskap tussen God en mens bewerkstellig.
  4. Dit was geskeur van bo na onder. Nie kant tot kant nie, ook nie van onder na bo nie: dit kon dan deur die mens gedoen wees; maar van bo na onder, wat toon dat die krag wat dit geskeur het van bo af kom, nie van onder nie; dat die skeuring nie mens gemaak was nie maar deur God gedoen was. Dit was sonder twyfel die mens wat die doodslag vir die Seun van God gegee het, maar, Jes. 53:10“Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel.”Die skeur begin met die dak en eindig met die vloer, die skeuring was kompleet; want God uit sy eie hemel, het dit gedoen. Vanaf die dak tot die vloer het daar nie een fragment van die ou behangsel oorgebly nie; so vanaf hemel tot aarde, van die troon van God, na benede tot die woning van die mens, daar bestaan geen oorblyfsel of partikel tussen die sondaar en God nie. Hy wat die poort geopen het, kan geen mens toesluit nie, het met Sy eie hand, en in Sy eie grenslose liefde, die deur wyd oop gegooi aan die grootste sondaar, die mees innerlike dele van Sy majestueuse hemel! Laat ons binnegaan; laat ons naderkom.
  5. Dit was geskeur in die teenwoordigheid van die priesters. Hulle was in die heilige plek, buite die voorhangsel natuurlik, offisieel, die ligte aangesteek, wierook op die goue altaar geplaas, of die toonbrood op die goue tafel te plaas. Hulle het die sombere skeuring van die voorhangsel beleef, en was verseker neergevel met verbasing; gereed om uit die plek te vlug, of hulle oë te bedek ingeval hulle die verskuilde glorie van daardie skrikwekkende saal kon sien wat net een toegelaat is om te aanskou. Jes.6:5 Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is ʼn man onrein van lippe en woon onder ʼn volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!Hulle was getuies van wat gedoen was. Hulle het dit nie gedoen nie; hulle het gevoel dat geen sterflike hand dit kon gedoen het nie; wat kon hulle sê maar dat God Homself, Sy hekke oopgegooi het, dat hulle mag ingaan en die heiligste grond betree waar hulle so lank gelede al verbied was.

6.Dit was geskeur sodat die versoeningsdeksel mag sigbaar wees, asook die gerubs wat die weg na die Boom van die lewe bewaak, en die glorie. Dié was nie langer verborge nie, en was nie langer net bekend as die misterieuse bewoners van ʼn kamer waarvan hulle nie uit mag gaan nie, en waarin geen mens kan binnegaan nie. Dit was nie langer godslasterlik om die onbedekte houers van die allerheiligste te hanteer nie; om na die goue vloer te staar en na die mure wat bevlek was met geofferde bloed nie; nee, om op te gaan na die versoeningsdeksel en te sit onder die skaduwee van heerlikheid Voorheen was dit godslasterlik om selfs te praat van binnegaan; nou is dit asof die uitnodiging uit die bloute daar is om in te gaan. Heb. 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. Die veiligste, asook die mees geseënde plek, is onder die skaduwee van die saligheid.

  1. Dit was geskeur in die tyd van die aandoffer. Ongeveer drie uur, wanneer die son begin ondergaan, was die lam geslag en op die koperaltaar neergelê. Op die juiste moment wanneer sy bloed gestort was, en die rook van die vuur wat dit verteer opgestyg het, was die voorhangsel in twee kragtig verdeel. Daar was ʼn onsigbare verbintenis tussen die altaar en die voorhangsel, tussen die offer en die skeuring, tussen die bloedstorting en die verwydering van die skeiding. Dit was bloed wat die werk gedoen het. Dit was bloed wat die voorhangsel geskeur het en die weg na die versoeningsdeksel oopgegooi het; die bloed van “die Lam” 1Pet. 1:19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ʼn lam sonder gebrek en vlekkeloos, 
  2. Dit was geskeur op die selfde moment wat die Seun van God dood is op die kruis. Sy dood het die gedoen! Nee, meer as die, die skeuring en daardie dood was een ding; die een ʼn simbool, die ander ʼn werklikheid; maar beide bevat een les, daardie LEWE was die skeiding wat tussen ons en God gestaan het, en die dood die verwydering van daardie bedekking; dit was Sy dood wat sy reinkarnasie beskikbaar vir sondaars gemaak het; dit was vanaf die kruis van Golgota waar die wiegie van Betlehem sy waarde en verdienste gekry het; dat die rots van eeue gelede, soos die rots van Refidim, moes ʼn slag toegedien word voordat dit die fontein van lewende water kon word. Daardie dood was soos om ʼn elektriese stroom tussen Golgota en Moria aan te raak, wat ʼn skielike heilige krag los te laat wat vir ʼn duisend jaar gelê en wag het om die voorhangsel te skeur en die bedekking neer te werp. Dit was van die kruis waar die krag sy oorsprong gehad het wat die voorhangsel geskeur het. Van daardie plek van swakheid, skaamte en lyding, het die almagtige bevel gekom, Ps. 24:7“Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!”Die woorde: Joh. 19:3 “En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is vobring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee”, op Golgota was die histories-verlossings teken, en die onmiddellike antwoord op die skeuring van die voorhangsel. Min het die Jode gedink toe hulle die Seun van die skrynwerker aan die boom vasspyker, dat dit daardie deurboorde hande was wat die voorhangsel sou skeur, en dat dit juis daardie deurboorde hande was wat hulle voorberei het vir Sy misterieuse raaiselagtige werk. Min het hulle geweet toe hulle die kruis opgerig het vir die Nasarener, dat dit daardie kruis sal wees wat die hefboom sal wees wat beide die tempel en die stad tot hulle fondasies sal vee. Maar so was dit. Dit was die kruis van Christus wat die voorhangsel geskeur het; wat die koue beelde van simbolies diens omvergewerp het; wat die nuwe en lewende weg geheilig het in die allerheiligste; wat die rituele vervang het met die ware en vervulde uitbeelding; en die lewelose rituele bediening vervang het met die lewende aanbidding van die lewende God.
  1. Toe die voorhangsel skeur, het die gerubs wat daarop geborduur was, ook saam geskeur. Net soos hierdie gerubs die Kerk van die Verlostes simboliseer, so beteken dit dat ons met Christus vereenselwig word in Sy dood. Ons was saam met Hom gespyker aan die kruis; ons wat saam met Hom gekruisig; ons het saam met Hom gesterf, en begrawe, en opgestaan. In daardie geskeurde voorhangsel het ons die tempel simbool van die apostel se dogma, met betrekking tot ons eenheid met Christus in lewe en dood tot vervulling gesien. Gal. 2:20 “Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.” En in die openbaring van die kruis en die voorhangsel, laat ons die plegtige woorde begryp, Col. 3:3 “Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.” 

Die gebroke liggaam en gestorte bloed van Christus onse Here het uiteindelik die sondaar se weg geopen na die heiligste van allerheiligste. Hierdie was die tekens nie net van genade nie, maar van geregtigheid. Daardie skeuring was nie ʼn daad van slegs genade nie. Geregtigheid het dit gedoen. Geregtigheid het die steen weggerol. Geregtigheid het die koperhekke oopgebars, en deur die tralies van yster gesny. Dit was ʼn regverdige verwydering van die skeidsmuur; dit was ʼn regverdige ingang wat vir die onregverdige gewaarborg was; dit was ʼn regverdige verwelkoming vir die hoof van sondaars wat nou verkondig was.

Vir so lank het die bloed van bulle en bokke gestreef om die voorhangsel te skeur maar tevergeefs. Lank het hulle geklop aan die hek, om toegang vir die sondaar te vereis; lank het hulle daarna gestreef om die vlammende swaard te blus, en die vurige belt wat die paradys omsluit; lank het hulle toegang vereis vir die sondaar, maar tevergeefs. Maar nou het die beter bloed gekom; dit klop net een maal, en die hekke vlieg oop; dit raak net een maal aan die vlammende swaard, en dit is geblus. Geen oomblik is verlore nie. Die volheid van tye het gekom. God versuim nie, maar die deur word onmiddellik ontsluit. Hy werp die versoeningsdeksel oop vir die sondaar, en ontvang spoedig die een wat verban is; selfs meer bly as die wandelaar self wat begryp dat die afstand en die uitsluiting, die angstigheid is vir ewig op ʼn einde.

O wonderkrag van die kruis van Christus! Om die nederig te verhef en die trotsaard te verneder; om neer te werp en op te verhoog; om te bind en te verlos; te red en te vernietig; dood te maak en lewend te maak; uit te sluit en in te laat; te vervloek en te seën. O wonderdeug van die reddende kruis, wat verlos in kruisiging, en kruisig in verlossing! Vir vier duisend jaar was die paradys gesluit, maar U het dit geopen. Vir eeue en generasies was die teenwoordigheid van God die sondaar ontneem, maar U het toegang verleen, nie skaam en onseker nie, nie onbekostigbaar en gevaarlik nie; maar moedig, geseën, veilig en vry.

Daar was nie toegang tot die Boom van die Lewe nie, die paradys was gesluit die mens uitgewerp en die gerubs voor die poorte geplaas met vlammende swaarde. Dit was die sinnebeeld van die voorhangsel met die gerubs daarop geborduur. Maar die kruis as hefboom het die gerubs verwyder, die vlam geblus en die toegang tot die Boom van die lewe, die Brood van lewe, die Rots van die fontein van lewe vir die sondaar geopen en strome van lewende water laat vloei. Vertaler se byvoeging.

Die voorhangsel was dan in twee geskeur van bo na onder. Die weg is oop, die bloed is besprinkel, die versoeningsdeksel is toeganklik vir almal, en die stem van die Hoë Priester wat sit op die versoeningsdeksel, nooi ons om in te gaan, sonder vrees. Heb 10:19-  Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 

Die boodskap is: Gaan in, gaan in. Laat ons onmiddellik reageer op die boodskap en dadelik nader gaan. Om van veraf, of selfs op die rand te staan, is om die voorsiening wat geskep is vir ons toegang, tot skande te maak, asook om blootgestel te word aan die aaklige ewige doodsgevaar van afgesonder te bly van die veilige of geseënde plek. Om in te gaan is alleen ons sekuriteit en alleen ons vreugde. Maar ons moet ingaan in ʼn gees en houding wat die voorsiening wat vir ons gemaak is te vereer. Indien daardie voorsiening nie genoegsaam was nie, moet ons aarselend, twyfelagtig, soos ʼn mens wat waag op ʼn onsekere hoop van verwelkoming, naderkom. Indien die voorhangsel nie in geheel geskeur het nie, indien die bloed nie deeglik besprinkel was nie, of nie voldoende was nie, indien die versoeningsdeksel nie in sy geheel was wat sy naam impliseer nie, ʼn deksel van genade, ʼn troon van barmhartigheid; indien die Hoë Priester nie voldoende medelye en liefdevol was nie, of indien daar nie voldoende getuienis was dat daardie dinge so is nie, dan mag die sondaar miskien twyfel en onseker kom; maar indien die voorhangsel volledig geskeur was, en die bloed van heilige waarde en krag was, en die versoeningsdeksel waarlik die plek van genade is, en die Hoë Priester vol liefde vir die sondaar is, dan word elke skadu van rede vir twyfel geheel en al weggevee deur die Lig. Om nie te nader met onbeskaamdheid nie, is die sonde. Om sonder volle sekerheid van geloof te kom, is voorbarig. Om te nader met ʼn skuldige gewete is om te verklaar dat ons geloof in die bloed van die Lam nie voldoende is om die sondaar ʼn goeie gewete en ʼn vreeslose toegang te gee nie

“Mag ek dan nader net soos ek is, in deug van die doeltreffendheid van die bloed wat besprinkel is?” Verseker. In watter hoedanigheid of karakter stel jy voor hoe jy moet kom? En mag ek sonder met vrymoedigheid en sonder voorvereiste dadelik kom? Verseker. Indien nie dadelik nie, hoe en wanneer dan? Die vrymoedigheid en dapperheid sal na jou toe kom wanneer jy die bloed op die vloer en op die versoeningsdeksel sien, en van geen ander bron nie. Dit is die onbeskaamdheid wat die bloed vereer. Dit is die onbeskaamdheid wat die liefde van God verheerlik en die genade van Sy troon. “Kom heldhaftig!” dit is die boodskap vir die sondaar. Kom nou en neem met vrymoedigheid die vryheid. Kom in volle versekering van geloof. Laat daar geen veronderstelling wees dat dit moontlik is dat God wat voorsiening gemaak het vir so ʼn versoening enigiets anders kan beteken, maar verwelkoming, dat so ʼn versoeningsdeksel enige iets anders kan beteken, as jou plek van versoening, of dat die evangelie waaruit elke sondaar wat glo, vrede daaruit kan trek, enigiets anders bevat, maar vrede vir jou nie.

Die geskeurde voorhangsel is vryheid van toegang. Sal jy nog langer vertoef? Die bloed besprinkel is vrymoedigheid,- vrymoedigheid vir die sondaar, vir elke sondaar. Wil jy nog huiwer, peuter en talm met die onsekerheid en twyfel, en ʼn skuldige gewete? O, neem daardie bloed vir wat dit is en wat dit gee, en gaan in. Neem daardie geskeurde voorhangsel vir wat dit beteken, en gaan in. Dit alleen sal jou vredevol, gelukkig maak, heilige mens. Dit alleen sal jou toerus vir jou werk vir God op aarde, ongebonde en onbelas; oweral vreugdevol, oweral liefdevol, en totaal vry. Dit sal jou godsdiens nie maak soos een wat nog alles moet uitklaar tussen homself en God nie, en wat se arbeid, verantwoordelikheid, diens en Godsdiens, wat alles plaasvind vir die doel om daardie monumentale oomblik van transformasie uit te werk, voordat lewe uitgeblus word, maar die godsdiens van een wat van die begin af, eenvoudig deur te glo, elke vraag tussen hom en God uitklaar onder die bloed van die Lam, met onverdeelde energie van sy verloste en vreugdevolle siel.

Vir elke sondaar sonder uitsondering het daardie voorhangsel ʼn stem, daardie bloed ʼn stem, daardie versoeningsdeksel ʼn stem. Hulle sê, “Kom in.” Hulle sê, “Wees versoen met God.” Hulle sê, “Kom nader.” Hulle sê, “Soek die Heer terwyl Hy gevind kan word.” Aan die wandellinde verlore seun, die verslaafde aan genot, die drinker van die aardse waansinnige beker, die dromer van aardse ydele drome. Al die beelde, skaduwees, tipes, simbole van die ou uitgediende tabernakel sê, “Daar is voldoende brood in jou Vader se huis, en gevoelvoller liefde in jou Vader se hart in oorlopens toe, kom terug, kom terug.  Aan elke verbande kind van Adam, die uitgeworpenes van die paradys wat hulle eerste vader verloor het, verkondig hierdie simbole met ʼn verenigde stem, verkondig dat die vurige swaarde uitgeblus is, die millennium lange geslote hekke is heropen, met ʼn vrye en oorvloedige heropening, of altans opening na ʼn meer glorieuse paradys, ʼn paradys wat nooit verlore was nie.

Maar, indien al hierdie stemme onbeantwoord sterf, as jy dit nie benut nie, O mens, as jy nie gebruik maar en gehoor gee aan daardie geskeurde voorhangsel nie, daardie geopende hek, al wat oorbly is dan ewige uitsluiting, die hulpelose uitgeworpene, die uiterste donkerheid, waar daar ʼn geween en gesnik en gekners van tande is? In plaas van die geskeurde voorhangsel, sal daar ʼn donker gordyn toegetrek word, dit sal nooit verwyder of skeur nie, wat jou sal uitsluit van God, en van die paradys en van die Nuwe Jerusalem vir ewig. In plek van die versoeningsdeksel kom die troon van oordeel; en in die plek van die genadevolle Hoë Priester, kom die vergeldende Regter.  Ja, die Here Jesus Christus kom, en met Sy skrikwekkende gebeurtenis eindig al jou hoop.  Hy kom; en Hy mag nader wees as wat jy dink. In ʼn uur wanneer jy nie sal nie weet nie sal Hy kom. Wanneer jy sal sê, vrede en veiligheid, sal Hy kom. Wanneer jy droom van lang, kalm aardse dae, sal Hy kom.  Moet nie nog tyd verloor nie. Moet nie nog tyd verspeel nie. Moet nie nog speel met ewigheid nie; dit is te ewig en te groot om daarmee te spot. Nou is die tyd nie later nie!  Verkry hierdie aanbod, dit is verwyder van ʼn tydelike euwelgebonde aarde. Kry die sonde van jou begrawe in die graf van Christus. Kry daardie siel van jou in totaliteit bedek, in die volmaaktheid van die volmaakte Een, in die regverdigheid van die Regverdige Een. Dan is alles wel, wel met jou siel. Maar tot dan het jy nie ʼn greintjie ware hoop op die ewige lewe of tyd nie.

Horatius Bonar. Vertaal deur Nico Engelbrecht