Vervolging en Martelare van Helde van die Geloof

Ons kan nie help om van Henry V111 en Wolsey se geskiedenis te skrywe nie want dit het ʼn groot invloed gehad op die Reformasie in Engeland.

Thomas Garret was wyd en suid deur Wolsey die hater van die “gospellers.”  gesoek vir sy verspreiding van die Bybel in Engels. “Hy is weg na Oxford om sy afskuwelike ware te gaan verkoop.” “Die aansteekbare gif” (Wilkins, Concilia, in p. 706)  H

Ons gaan nie baie meer oor die martelare sê nie, dit is genoeg om Foxe se boek oor die martelare te lees. Almal wat die Nuwe Testament in Engeland gehad het, is vervolg en baie het regop, met eer om vir Christus te ly die brandstapel tegemoet gestap met gesange en belydenis op hulle tong. Nie soos Servetus met ʼn geskreeu en angs nie, want hy kon nie as ʼn martelaar sterf nie maar is deur die stadsraad tereggestel oor sy uitlatings dat God ʼn driekoppige helhond is en siviele onrus gebring in Geneve het en boonop deur 8 stede verdoem is. Hy was alreeds deur die Katolieke tot die dood veroordeel.

Kortliks kan ons net vir Radimer en Latimer as martelare noem wat saam verbrand is en die een het die ander bemoedig en gesê dat vandag sal ʼn fakkel aangesteek word wat vir ewig sal brand en dat hulle, soos manne moet sterf. “Play the man.” Het die een vir die ander gesê.

Henry V111 en Kardinaal Wolsey

Die invloed deur middel van bedrog, sluwe misbruik van die Pous en Roomse klerikales se bygelowe, aspirasies en mag veral deur die Kardinaal Wolsey, het die geskiedenis gedryf met hulle invloed in die hele Europa, veral op Henry V111. Die vader van die Reformasie in Engeland was nie Henry V111 nie soos valslik beweer nie, hy was die Reformasie se laksman. Die Koning wat Christene in die kelders laat verbrand het, was nie die ‘vader van die Reformasie nie.’ Die Vader van die martelaars kerk in Engeland was onse Vader in die hemel. Bilney wat, afgesien van sy nederige voorkoms, vreesloos begin preek het, was gevange geneem en vanweë sy vriende het hy voor die kardinaal bely dat hy dwaalleer verkondig en later hy het gevoel of hy in letterlike hel beland het, sy bloed gevries, sy vrese het hom oorweldig en hy het alle bewussyn van wat om hom aangaan verloor vanweë sy swakheid om sy geloof te bely.

Hier het Henry V111 en Ann Boleyn die verrigtinge dopgehou. Henry wat ten koste van wat ook al van sy vrou Catherine wou skei wat ietwat van ʼn swaartekrag rondgedra het en nie vir hom ʼn seun kon baar nie, het vir Anne Boleyn in die oog gehad. Die kinkel in die kabel was dat Henry die Pous se goedkeuring wou kry om te skei en die rede wat Henry aangevoer het, was dat Catherine sy broer se vrou was en daarom Bybelse regverdiging gehad het om te skei. Pous Clement was in ʼn tweestryd hiermee, gee hy toestemming dan word hy vyand van koning Charles wat familie was van Catherine. Die mag van die Pous en die leerstellinge van Katolisisme was ongekend.

Wolsey het uiteindelik geseëvier deur vir die Pous te oorreed om Henry V111 se huwelik met Catherine te beëindig en vryheid te gee om met Anne in die huwelik te tree. Koning Charles het die oorlog verloor en Engeland en die Pousdom lyk verseker te wees van oorwinning oor die Reformasie en die verbranding van die Nuwe Testament lyk ʼn sekerheid te wees maar in die baarmoeder van die toekoms was ander dinge aan die broei.

Ons moet toegee dat Henry V111 baie geduldig was, nie die wette van die Bybel wou oorskry nie en soos ʼn ‘heer’ dit betaam eers gewag het vir die Pous se toestemming om van Catherine te skei voor hy met Anne trou. Die liefdes briewe in Frans vir Anne is vol sjarme en pragtige taal wat ons vandag kan lees te danke aan die Vatikaan se argiewe. Ons sien ook al die misdade teen die mensdom en teen die Skrif agter al die walglike onderhandelings, diplomatieke leuens en misdade deur die Pous, Clement, kardinale, Wolsley en Campeggio en konings, om vir eie mag en gewin nie skroom om in oorlog te gaan nie en veral, die reformasie te onderdruk nie. Gee die Pous nie toestemming vir ʼn egskeiding nie dan kan dit die einde van Rome se oorheersing oor Engeland wees en die Reformasie Roomse oorheersing tot ʼn einde bring. Pous Clement V11 was bekend vir dobbel, “Hunting and gaming all the day long, and following harlots all the night.” Burnet, 1; 52. Lees maar gerus die wonderlike volledige geskiedenis van daardie tye in D’Abigne se History of the Great Reformation 1794-1872. Katolieke se kommentaar oor D’Abigne se boek is so vol leuns en ontbloot van alle waarheid dat in latere jare is daar bely dat die kommentaar onwaar was. Vandag gebruik Christene die kommentaar om die Reformators af te kraak. Mense soos Dave Hunt en sy aanhangers van die Oprapers.

Wolsley het besluit om Tyndale te vervolg voordat die Reformasie oorheers. Dit was Tyndale wat gepromoveer het dat Hervormers die Ware liggaam is van Christus en die ware katolieke, die menigte wat glo in Christus. Wolsey en sy agente, West en Rinicke het hulle uiterste bes probeer om vir Tyndale op te spoor. Toe Tyndale nie gekry kon word nie het hulle vir ʼn Londonse sakeman John Tewkesburywat vertroud was met die Nuwe Testament en baie vir die evangelie beteken het vervolg. Hy is in April 1529 gearresteer. Die klerikale was verneder deur die sakeman se kennis van die Bybel en het hom onomwonde laat pynig op die rak. Sy bene was vergruis. Intussen het die net nouer om Tyndale gespan met sy Genesis en Deuteronomium reg vir die drukker. Nog ʼn groot terugslag soos vir Paulus het vir Tyndale getref met die vernietiging van sy manuskripte en sy geld in ʼn storm toe die skip waarop hy was skipbreuk gely het.

Self vir die saak van God gaan dinge nie altyd vlot nie. Vir ons blyk dit soburnet; Tew belangrik te wees om die Bybel by die massas te kry, so waarom sal God dan dit vertraag? Die rede daarvoor is slegs aan God bekend en ons kan net berusting vind dat alles, ja alles gebeur ten goede.

Die apologetiese skrywes tussen Thomas Moore die held van Rome en Tyndale was baie interessant, ʼn voorbeeld hiervan:

Moore: Ons moet nie die lering van die kerk ondersoek met die Skrifte nie, maar die Skrifte verstaan deur middel van wat die kerk leer.

Tyndale: Wat! Gee die ruimte lig aan die son, of die son lig aan die ruimte? Is die kerk voor die evangelie, of die evangelie voor die kerk? Die Woord is voor die Kerk, of, meer korrek, voor die gemeente.

D’Abigne skrywe: Die skip van Rome het op ʼn stormagtige see geseil tussen rotse en riwwe; Wolsey aan die stuur tevergeefs op die uitkyk na ʼn veilige hawe; dit skip lek aan albei kante; dit was besig om vinnig te sink, en die kardinaal roep om hulp. Wolsey se ster was besig om te verdwyn. Die magtige kardinaal Wolsey wat koninkryke geskud het, was omvergewerp in ʼn oogwink en het in vernedering en angs in ʼn bietjie meer as vier mure gebly. 

Ons moet nie vir Thomas Cranmer, die Cambridge dokter vergeet nie wat ʼn belangrike rol in Henry en Anne en in die Reformasie se lewe gespeel het. Vir hom was daar net een onfeilbare bron; en in die Skrifte het hy God se waarhede vir drie jaar gesoek, sonder kommentaar, sonder menslike teologie en die bynaam van Skrifteris gekry. Uiteindelik het die Heilige Gees sy oë oopgemaak; hy het die misterieuse verband begryp wat alle Bybelse openbaring saamgebind het en die volledigheid van God se historiese betrokkenheid met die mens gesien. “Die ware vraag is dit, wat sê die Woord van God?” het hy vir vriende van die Koning, Fox en Gardiner gesê. “Die woord van God is bo die kerk.” Gardiner het vir Henry vertel dat Cranmer sê dat die Bybel behoort die enigste oordeel te vel op Henry se saak van Catherine en Anne. Dadelik het die koning vir Cramner laat kom en beveel om die skriftuurlike sienswyse te gee. “Al wat ek wil weet is, of my troue teen die wette van God is of nie.” Henry het vir Thomas blyplek by Anne Boleyn se vader gekry en so vir hulle die blootgestel aan die pêrel van groot waarde en dit blootgelê.

Henry was beïnvloed deur Thomas Cromwell, Wolsey se prokureur om die juk van Rome af te gooi deur die Koningskap bo Rome te stel en hoof te wees van die kerk in Engeland. Dit egter, het nie die vervolging van die Christene gestop nie, onder Thomas Moore, het dit toegeneem. Op 29 November 1529 is die volgende boeke van skrywers verbied. Tyndale, Luther, Melancthon, Zwingle, Bucer, Lambert, Fryth, Fish en andere. Die Bybel veral in Engels is ook verbied.

Thomas Hitton was gemartel om van sy geloof afstand te doen, maar hy het aangehou sê dat verlossing is deur geloof en nie werke nie en dat Christus dit gee vir wie Hy wil. Hy is verbrand.

Hedendaags is dit terug na Rome, werke en die mens se wil word met mag en mening verdedig deur Arminiane en Charismate teenoor Reformatoriese lering van vrye genade geskenk en Christus alleen sonder voorwaardes. Indien die martelare van eeue in dwaalleer was soos Christene vandag beweer, het derduisende martelare vir geloof alleen, tragies vir ʼn leun gesterwe. Die wat ore het om te hoor, hoor!

Bayfield het Bybels ingesmokkel asook alle skrywers wat verban was se werke en is in die gevangenis gegooi. Hy was in ʼn staande posisie vasgebind en het gesterf op die brandstapel. So ook Bennet met die laaste woorde, “ontvang my Gees, Here.”

Die Kerk van Engeland was ʼn kerk van martelare. Die hervormers het jy nie in koningspaleise gekry nie maar in donker tronke, op die rak van pyniging, op brandstapels en in die Biskoppe se kelders. Dit suiwerste kerk was daar, die kerk onder die kruis.

Gedurende hierdie tyd het Luther twee boeke vrygestel wat ons kortliks hier moet noem. Die “Obedience of a Christian Man,” en die “Parable of the Wicked Mammon” waarin hy Rome as een van die transformasie van die Antichris uitbeeld. Hier duidelik stel Luther die standpunt van die Reformasie se siening oor die Antichris.

“Die Antichris is nie ʼn man wat skielik sal verskyn met tekens en wonders nie; hy is ʼn geestelike ding, wat in die Ou Testament was, en so ook in die tyd van Christus en in die apostels, en is nou, en sonder twyfel sal bestaan tot die einde van die wêreld.”

Amen vir Luther se insig. Hierdie insae wat Luther gehad het is Gereformeerde insae en in teenstelling met die sogenaamde insae van die Premillennialiste van vandag wat ʼn mens verwag en ʼn letterlike vertolking het.

Ons, vandag besef nie die oorwinning, die vreugde wat vertalers van die Bybel en apologetiese skrywers ondervind het om die Woord aan die gepeupel beskikbaar te stel, en die daaropvolgende gepeupel se vreugde om verlos te word van Roomse Heerskappy nie.

Die Vierde Druk van Tyndale se Nuwe Testament

In daardie stadium was daar ʼn tekort aan voedsel in Londen en toe het Duitse en Vlaamse skepe koring gebring en saam met dit versteek in die sakke, die pragtige 4 de uitgawe van Tyndale se Nuwe Testament verryk met verwysings en grafiese kuns. Hiervan het Anne Boleyn ʼn uitgawe verkry en gelees. Die Reformasie was besig om wortel te skiet onder die mense en ook onder die adel.

Terwyl Tyndale in Cologne en sy manuskrip by die drukkers was vir drie duisend kopieë het Chchlaeus, ʼn vyand van die Reformasie uitgevind daarvan en die drukkers verbied om aan te gaan. Saam met Wolsey en Henry V111 het dit gelyk of dit einde van die Nuwe Testament in Engeland is. Tyndale het gevlug na Worms waar Luther beskerming ontvang het en daar het Tyndale ʼn nuwe edisie geskryf en laat druk. Daar is nog een kopie in die Baptiste kollege in Bristol.

In 1521 het ʼn skip in Hamburg aangekom met Tyndale se Manuskrip. Hervormers het uit die kloosters gekom, vorige priesters Frair, Franciscan orde soos Tyndale. Almal onafhanklik van mekaar, Luther, Tyndale, Calvyn was vreemdelinge maar tog met dieselfde evangelie uit die Woord verkry, dieselfde Gees, dieselfde wedergeboorte. Tyndale kom moontlik vir Luther een maal besoek het maar Luther maak nie melding daarvan nie. Calvyn het nooit vir Luther ontmoet nie. tT

Hedendaags moet ons die ‘salwing’ gaan haal in Toronto, in Holy Trinity Brompton, in Pensicola, wag vir Moreletta se besoeke, of gaan na Angus Buchan toe vir herlewing maar ons maak nie staat op die Heilige Gees nie maar op ʼn plaashoed se bediening. Ons kan vra: Is dit herlewing? Ons kan antwoord: Nee, dit is ʼn tydelike foefie, wat kom en gaan maar die kerk bly staan.

Dit slaan my dronk dat mense wat die Verlosser vandag ontmoet in ʼn Arminiaanse milieu die skrywers en heiliges van daardie tyd verafsku. Juis het die bekeerlinge van so ʼn Arminiaanse omgewing uitgebreek tot die wonderbare lig van Vrye Genade Alleen uit ʼn gebonde wil. Vandag kom dit voor; is dit vanuit vrye genade alleen na ʼn Arminiaanse geloof, dan wonder ons soms of dit ʼn ware geloof is wat hulle uit ʼn eksperiënsiële ontmoeting verkry het. Ek sê nie daar is nie ware bekerings nie, maar in wat, in ʼn Arminiaanse milieu, wat nog aan die speen drink en nie die volwassenheid van ʼn vleesetende Reformator het nie, wie se teologie skriftuurlik verfyn is nie.

As ons so na die helde van geloof kyk dan is daar weinig wat nie geskool was in klassieke tale, filosofie, regte en opleiding nie. Dan gaan dit deur my gedagtes tog dat die Pousdom nie wou hê dat die algemene Jan rap en sy maat, die swyne, die pêrels van die Bybel moet sonder die nodige leiding lees nie. Want kyk maar vandag, hoe word die Woord verkrag, verdraai, verlei en prakties toegepas deur daardie desepsies. Dit is chaotiese wanorde veral op die gebied van eskatologie. Wees maar aan die veilige kant en lees tog maar Reformatoriese skrywes. Neem maar net die Verklarende Bybel in Afrikaans 1976 met skrifgefundeerde verklarende aantekeninge oor Openbaring. Dit is heeltemal vreemde taal vir Charismate, premillennialiste en postmillennialiste, dit ken hulle nie, al is dit deur die eeue die geestelike verduideliking van Openbaring, gryp hulle na nuwe en vreemde idees van hedendaagse ongeletterdes en geestelike vertraagdes om dit sagkens te stel.

Luther se boeke arriveer in Engeland

Koning Henry V111 het sy pen opgeneem teen Luther. Hy en kardinaal Wolsey het ʼn kruistog teen hom begin om die Pousdom te red. Hy was deur die Pous vereer as die verdediger van die geloof. Die Pous het tien jaar se vergiffenis van sonde belowe aan diegene wat Henry se boek lees. Hier het ongekende vervolging begin om die Woord van God uit te roei. Waar ook al Christene bymekaar gekom het, is hulle vervolg, Een voorbeeld is toe Schrivener se kinders gedwing is om die brandstapel van hulle vader aan te steek; Foxe, Acts

Colet

Die volgende ligdraer wat ons gaan ʼn kyk is Colet, die dekaan van St. Paul’s wie se huis die sentrum was van die literêre beweging wat die Reformasie voorafgegaan het. Sy vriend was Erasmus en Sir Thomas More. Colet het die skrifgedeeltes wat voorgeskryf was deur die Pous verontagsaam en die Evangelie van Matteus soos Zwingli verduidelik. Hy wou reformasie van biskoppe na priesters en na die gewone mens bring. Hy het dadelik teenstand gekry veral omdat hy leer dat “voed my skape” is nie materiële dinge wat die kudde vir die Priesters moet gee nie maar die voeding van die Woord van God vir almal.

Die Charismate het nog nie aan die skriftuurlike beginsel gedink om hulle voeding aan die gemeente te regverdig nie. Hoe voed hulle skape? Deur die manipulasie van tiendes, deur die lering van Roberts se saai en maai teologie. Gee, hoe meer gee, hoe meer kry. So voed jy skape, aai, as ek maar daaraan geding het toe ek Charismaties was dan was ek ook ryk soos Meyer, Osteen, McCauly, Brown, Copeland, Hagin, Joyner en Kie.

Richard Hun

ʼn Eerlike besigheids man, wat elke dag in een van Wickliffe se Bybel gelees het, was deur die priesters ʼn groot som geld gevra vir sy seun se dood. Hy het geweier om dit te betaal en is in Lollards’ se toring opgesluit. Hulle het besluit om Richard Hun te vermoor en hom opgehang aan die ring van sy sel. Die nadoodse ondersoek het bevind dat hy kon dit nie self reggekry het nie en die klerikales was skuldig bevind en dit was ʼn groot slag vir die Pousdom se mag omrede die gewone man hom op die staat kon beroep vir geregtigheid soos Richard Hun se vriende gedoen het.

John Brown.

Ons kom nou kortliks by John Brown wat met ʼn priester gespot het dat die priesters siele kan red deur die nagmaal. Sy voete was tot op die been verbrand maar nogtans het hy Christus nie verloën nie. Sy vrou en dogter was by toe hy op die brandstapel gesterf het, met die gesang in hulle ore. O Lord, I yield me to thy grace.

Wickliffe was tog die Oupa van die Reformasie.

Van John Knox het die katolieke met hulle onbegrip van die ware evangelie gesê: Van Knox’s se godsdiens is dit voldoende om te sê, sonder om sy erns van sy oortuigings te bevraagteken, dat hy hom geheel en al buite die sfeer van Christendom bevind. Hy is deurtrek met die gees van die Ou Testament en met die antieke profete, daar is niks in al sy baie skrywes of in sy publiek rekords die sweem van begrip van die lering van die evangelie nie, of die sagmoedige karakter van vergiffenis van die Christen.

Nou ja, daar het julle dit, die onbegrip van die ware evangelie, en die bitterheid teenoor ʼn vorige katolieke priester wat die waarheid gevind het. John Knox het gaan kers opsteek by Calvyn, sonder om enige sogenaamde “salwing te gaan haal” maar net die verklaring van die Woord van God.

John Knox 1505-1572. Ook ʼn katolieke priester wat tot bekering gekom het, verlossing slegs deur geloof en in Christus alleen.

Wil u lees oor Bunyan? Wat sy dogter verlaat het ter wille van die evangelie? Lees dit maar self. Google om die waarheid te vind.

Dit is dan so dat vandag se entoesiaste (charismate) het min of enige respek van hierdie donker eeue se sendelinge, weet niks of min van hulle opofferings vir die evangelie af. Hulle versmaai hulle nalatingskap en sommige verag dit. Deesdae is dit mos die triomferende kerk wat die duiwel tjankend rondskop met ʼn ongekende oorlogvoering en evangeliese sukses. Die sukses onder leiding wat diegene gehad het met die waarheid wat hulle verkondig word geïgnoreer. Vandag se welvaart predikers is nie werd is om hulle skoene vas te maak nie, insluitende die gees wat hulle laat lag en in konvulsies laat gaan. Mense soos Augustine en Anselm het wel nie alles reg gehad nie maar was ver van wat Rome geword het en Charismatiese lering voor staan.