Die Woord van God in Engels.

Bradwardine se boodskap bekeer Wickliffe

In 1346 het ʼn Engelse weermag van 34 000 ʼn Franse weermag van 100 000 tegemoet gegaan. Twee mense in die Engelse mag was Koning Edward 111 om Frankryk te oorwin en Bradwardine, ʼn nederige en sageaarde man wie se karakter hom onnosel laat voorkom het. Hy is deur die Pous vereer en die see van Canterbury gegee. Die paleis se koninklike nar het op ʼn donkie ingery gekom en vir die Pous gesê om vir hom die nar, die eer te gee, die primate te maak, in plaas van die imbesiel van ʼn priester, naamlik Bradwardine. Inteendeel afgesien van sy voorkoms was Bradwardine een van die briljantste wetenskaplikes van sy tye as astronoom, filosoof en wiskundige. Sy wiskunde en geometrie is gepubliseer, maar of sy Astronomiese tabelle gepubliseer was, weet ons nie. Eendag toe hy na ʼn Skriflesing geluister het, was die skrifgedeelte vir hom ʼn openbaring van bo; “Dit is nie hy wat wil nie, nie hy wat hardloop nie, maar God wat genade betoon.” Net soos Paulus, Luther en Calvyn het hy tot bekering gekom. Wat is die skrifgedeelte anders as die een wat Luther bekeer het, “slegs deur geloof en nie met werke nie.”  Bradwardine vertel ons van sy ondankbare hart, hoe hy hierdie vernederend dogma van geloof alleen met afkeur verwerp het. Hy was soos baie, deur dit wat hy verag het, gered en dadelik het hy by Merton Kollege, Oxford, die dogma van ewige vrye genade verkondig.

Hy het so diep gedrink van die lewende fontein van die Skrif dat die tradisies van mens hom nie geraak het nie, en hy was so verorber in verering in gees en waarheid dat geen uiterlike bygelowe hom beïnvloed het nie. Sy lesings was met gretigheid na geluister en gesirkuleer regdeur Europa. Die genade van God was die kern van sy prediking soos die Reformasie. Met hartseer het Bradwardine oral Palagianisme gesien wat die religie van werke en uiterlike was wat die mens voortbring vir verlossing. Palagianisme wat innerlike Christenskap vervang en so het Bradwardine op sy knieë vir die verlossing van die kerk gebid. Vandag beskou ons met smarte dieselfde teologie van Arminianisme in sy verborge Palagianistiese vorm van Charismatiese kerke wat vrye wil en nie vrye genade aanhang nie. Bradwardine het gesê: “Soos in die dae van ouds, vier honderd en vyftig profete van Baal stry met ʼn enkele profeet van God, net so kan die getal van profete wat saam met Palagius veg teen U vrye genade, nie getel word nie. Helaas amper die hele wêreld loop agter die leun van Palagius aan.” Na sy dood was hy bekend as die “uitnemende doktor.” Vandag ook loop amper die hele wêreld agter Arminius aan.

Daar was ʼn jong man, Wickliffe wat na Bradwardine geluister het, kom ons kyk verder.

John Wickliffe gebore in 1324 en gelewe gedurende die groot pes van 1348 wat ʼn derde van die mensdom uitgewis het. Met die invloed en met die agtergrond van sy leermeester Bradwardine se vrye genade het Wickliffe tot bekering gekom toe hy in die nagte uitroep tot God. In 1365 het hy by Bliol en Canterbury die evangelie van geloof sonder werke uiteengesit. Hy demonstreer die leefwyse in die week en dan preek hy wat hy gedemonstreer het. Wickliffe het verklaar dat die wet van die kerk het geen krag as dit teenstrydig is met die Woord van God nie. Edward 111 het Wickliffe een van sy kapelane gemaak en van daardie dag het die Pous nie ʼn mag gehad oor die soewereiniteit van Engeland nie.

Wickliffe is op die 19 Februarie 1377 gebied om voor ʼn inkwisisie te verskyn as iemand wat dwaalleer verkondig. ʼn Groot massa fanatieke vyande van Wickliffe was saamgetrek by St. Paulus se katerdraal. Chaos het geheers en Wickliffe en sy verdedigers het vry gekom van die gepeupel. Wickliffe het nou eers die waarheid verkondig en het verklaar dat die twee Pouse een Antichris maak. Wickliffe het sy dissipels gestuur om die evangelie te gaan verkondig om mense na Jesus Christus te bekeer. Hulle moes nie soos die priesters in die bier salonne, die dobbel tafels of gaan jag nie, maar na die tyd gaan sit het met die siekes, die oues, die blindes en mense besoek het. Van hierdie sendelinge, wat in armoede, geklee in ʼn ruwe sak kleed en tevrede was met eenvoudige kos, was niemand meer bemind as John Ashton nie. Hulle het met populêre eenvoud die woord gebring en baie gewen vir Christus. Wickliffe het gesê dat ʼn engel kan nie vir die mens intree of sonde vergewe nie, want die natuur wat gesondig het, is nie van engele nie en die mediator kan net ʼn mens wees; maar hierdie man moet oneindige meriete hê, en terselfdertyd God. Wickliffe was beskerm deur selfaangestelde lyfwagte sodat die klerikales hom nie leed kon aandoen nie.

Toe Wickliffe tot die dood siek was, was daar vreugde in Rome. Hier is die einde van die vyand wat die klerikale se mag, plesier en inkomste bedreig het. Maar helaas het hy by die dood omgedraai op ʼn siekbed en sy laaste, grootste werk gedoen teen die monnike, frairs, priesters en Pous. Dit was die vertaling van die Bybel vir die gewone armsalige mens, wat honger en dors het na die geregtigheid.

Die Vertaling Van Die Bybel.

Die tyd was ryp vir die Bybel vertaling in Engels, alhoewel daar gedeeltes was wat vertaal was, was meeste weggesteek in die biblioteke van Kloosters. Wickliffe was ongeskoold in Grieks en Hebreeus maar was ʼn goeie Latynse skolier, gesonde begrip en goeie penetrasie en boonop was hy lief vir die Bybel, het dit geestelik begryp en die skat, wou hy deel met die gewone mens wat nie Latyn kon verstaan nie. In sy kamer was die Vulgate teks, gekorrigeer met die beste manuskripte en kommentare van Jerome en Nicholas Lyrensis. Vyftien jaar het dit hom geneem en in 1380 ʼn voltooide Engelse Bybel gehad. ʼn Groot werk wat die wêreld verander het. Iets nuuts het die wêreld binnegekom. Selfs Anne van Luxemburg, vrou van Richard 11 het die Evangelies getrou begin lees. Meeste het dit verwelkom maar die monnike het gesê die evangelie se pêrel word nou vir die swyne gegooi. “Die Pous kan maar verdwyn, dit sal geen verskil maak aan ons geloof nie,” het Wickliffe gesê. Hy het die offerhande van die nagmaal deur die priester nie aanvaar nie, want die was ʼn substituut van die offerhande van die kruis opgeoffer deur Jesus Christus; hy het transsubstansiasie verwerp, want die sienswyse het die geestelike en lewende teenwoordigheid van die Here tot van geen waarde gemaak nie. Met die siening was sy vyande se weg oop om hom te vervolg. Hy het geweier om af te sien van sy sienswyse. “Vanaf die jaar 1000, was al die doktors in dwaalleer oor die altaar se sakramente. Hoe kan jy Priester, wat maar ʼn mens is, jou Skepper maak?” Bedoelende dat die beker en die brood werklik vlees en bloed word by die bediening. In die middel van Mei in die sinode om Wickliffe te veroordeel was daar ʼn groot aardbewing gedurende die sitting. Hulle het bevrees uiteengegaan. Wickliffe se vriende het hom verlaat soos die strop nouer getrek het om hom. “Die Waarheid sal Seëvier.” Het hy gesê. Die Pous het hom beveel om voor hom te verskyn, maar Wickliffe was al swak en oud. Hy is van natuurlike oorsake aan beroertes in die midde van sy volgelinge dood ten tye van nagmaal.

Die Reformasie in Engeland het Begin. Die Twaalf Gevolgtrekkinge.

Die dissipels van Wickliffe het in 1395 ʼn petisie op die hekke van St. Paul en die Westminster Abbey gehang. Hulle eise onder andere was; dat tydelike dinge is apart van geestelike dinge; ʼn koning en ʼn biskop behoort nie een en dieselfde persoon te wees nie. Rex et eposcopus in una persona,&c. Knyghton, hb, v. P. 2660. Maak ʼn einde aan selibaatisme, transsubstansiasie, gebede vir dooies, offerhande vir beelde, ourikulêre belydenisse, oorloë, kuns onnodig vir lewe, die gebruik van seënende olies, sout, was, insens, stene, mirte, en pelgrims stawwe. Al hierdie dinge behoort aan nekromanie en nie teologie nie. Luther was nie die eerste wat stellings vasgespyker het nie.

Dit was net hierna wat Lancaster koning geword het wat belowe het dat al die “ketters” sal sterf. Die eerste was ʼn heilige priester William Sawtre wat verbrand is omdat hy gesê het dat hy eerder die Jesus wat op die kruis gely het, aanbid, as die kruis waarop Hy gely het. Sy hare is afgesny en in die begin van Maart 1401 lewendig verbrand. Dit was volgens Rome; ʼn daad van geloof. Auto da fé. Sawtre die eerste martelaar van Protestantisme. Die Konstitusie van Arundel is opgetrek wat verbied het om die Bybel te lees en dat die Pous nie ʼn mens is nie maar ʼn ware God. St. John was ook ʼn kampioen van die Woord van God en is verbrand deur Arundel.

Intellektuele Reformasie in Engeland

Henry Tudor, die Louis X1, van Engeland se twee seuns Arthur en Henry was deur hulle ouma beïnvloed tot studie. Hulle was geskool in die klassieke tale. Thomas More wat gedurende daardie tyd lesings oor Augustine se City of God gegee het, het vir Erasmus ontmoet wat ʼn intellektuele stimulus was vir Engeland.

Niks was so belangrik by die dagbreek van die Reformasie as die publikasie van die Testament van Jesus Christus in die oorspronklike tale nie. Erasmus het gesê: “as ek vertel watter sweet dit my gekos het sal niemand my glo nie.” Erasmus het baie versigtig te werk gegaan en dele van die barbaarse Vulgate die Latynse 4 de eeu se vertaling van Jerome daartoe afgevaardig deur Pous Damasus 1, in 382 gekorrigeer om in Grieks te vertaal. Ongekende teëstand en leuens oor die akkuraatheid het die Bybel wat die “skip van Rome sal sink” tegemoet gegaan in Engeland. Die lering van die Apostels bestaan net in Skrifte en dit is die geskrewe Woord wat Jesus hom op beroep toe Hy die koninkryk gestig het. Erasmus was nie ʼn vriend van die Reformasie nie moet ons onthou. Grieks laat die evangelie nog buite die bereik van die massas. Maar vir die wat dit kon lees was die Nuwe Testament in Grieks wonderbaarlik. Maar ons wag nog angstig vir ʼn volledige Engelse vertaling. Erasmus het Luther gesê kan foute uitwys maar nie die waarheid leer nie. Erasmus het die Pous skade gedoen en die reformasie goed gedoen. Hy was nie ʼn reformator nie maar tog ʼn werktuig in God se hande, ʼn briljante man. Tog was sy status quo, sy gemaksug, status en aansien so dat hy nie ʼn kampvegter vir die Reformasie was nie, maar self die reformasie verlaat het waar dit geseëvier het en in Roomse kultus gebly het. Hy het geen moed gehad nie, was vreesagtig wanneer die dood genoem was, geen opoffering gedoen nie en ongekende aandag aan sy gesondheid gespandeer.

Thomas Bilney.

In Cambridge was daar ʼn jong doktor, Thomas Bilney. Hy was oortuig van sy sonde, het belydenisse gedoen by die Priesters, gevas, gebid, nagmaal gebruik en sy beursie leeggemaak om vir sy oortredings te betaal, maar nogtans het berusting nie gekom nie. Bevrees vir die dwaalleer in die nuwe boek in Grieks van Erasmus wou hy nie sy hand daarna uitsteek nie. In die geheim bewend het hy een gekoop en gaan lees in sy binnekamer want hulle was verbied daartoe. Toe hy die woorde van Paulus lees dat Jesus gekom het om sondaars te red en dat Paulus die grootste sondaar was, het hy besef dat Jesus red en groot vreugde het hom binnegedring toe hy by die kruis sy sonde neerlê. Al sy Arminiaanse werke het hy gesien, is van geen nut nie.

William Tyndale

In 1484 is William Tyndale gebore, ongeveer dieselfde tyd as Luther en Zwingle. In Oxford waar Erasmus se Griekse Testament welkom was, het hy in die klassieke tale onderrig gekry by mense soos W. Latimer. Hier het hy ʼn wetenskap geleer wat mens nie in staat is om te leer nie. Hy is Cambridge toe waar Bilney was. Hier was die herlewing in Engeland begin deur die woord van God in Grieks. Gedurende die tyd 1511 het Thomas Man begin preek en by een byeenkoms het sewe honderd mense tot bekering gekom. Hy is op die 29 Maart 1519 lewendig verbrand. Hy het soos Chrysostom gesê: dat alle priesters is nie heiliges nie maar alle heiliges is priesters. Tyndale het die evangelie verkondig maar was ongenaakbaar vervolg en deur die priesters en so sleg gemaak in die tavernes deur leuens te versprei, dat hy deur die klerikale voor ʼn konferensie beveel is. Hy is net gewaarsku want daar was nie een getuie nie. Luther het in daardie tyd die Pous as die Antichris gesien en dit het Tyndale bemoedig. Tyndale het vir die priesters gesê dat as God sy lewe spaar sal hy sorg dat ʼn seun agter die ploeg meer sal weet van die evangelie af as die priesters en Pous.

Spurgeon, baie latere jare het dieselfde taal as die Hervormers gepraat en het in London reformatories preek: “Dit is die bloed van Christus wat die deure van die hemel open, nie julle werke nie maar met die werke wat Christus vir jou gedoen het. Christus is in jou en jy in Hom, saam gevoeg onafskeidbaar, Jy kan nie verdoem word tensy Christus saam met jou verdoem word nie; Christus kan nie gered word tensy jy saam met Hom gered word nie. Daar was geen verskil tussen Spurgeon se teologie as die van sy voorlopers nie. Hierdie suiwer beeld van regverdigmaking deur geloof plaas Tyndale onder die Hervormers.

Wanneer ons na die helde van geloof deur die eeue kyk dan kan ek nie anders as om ʼn heilige woede te beleef nie. Hoe hoe durf moderne predikers, arminiane van die post-moderne tyd, charismate, veral dispensasioniste of premillenialiste wat die bybel letterlik verklaar, ʼn opraping voorstaan, ʼn duisenjarige ryk van Jode op die aarde wat nie in waarheid en gees is nie, die Hervormers veroordeel as in dwaalleer. Diegene gaan ten gronde weens ʼn gebrek aan kennis. Daardie wonderlike Reformasie Herlewing waar duisende opgeleide sendelinge uitgestuur is vanaf Geneve en die wêreld verander het. Waar Christene ondergronds vergader het en miljoene hulle harte vir die evangelie oopgemaak het. As die dwaalleer is, dan dank ek God dat ek daarin is.

Ons kan net sê dat daar is ʼn ware stille spiritualiteit in Gereformeerdheid wat veel dieper gaan as die oppervlakkige uitwendige sogenaamde gees met sy fenomene te aanskoue in Charismatiese religie. Maar dan soek die Jood na tekens en wonders en staar hulle blind vir die waarheid. 

Tyndale het verblyf by Monmouth gekry en weereens vir John Fryth raakgeloop en gehelp met die vertaling van die Bybel. Die Biskop van London het niks geweet van die werk onder sy neus nie. Die gevaar vir vervolging deur Henry en die Biskop het sy Bybelvertaling bedreig en William is toe Duitsland toe om dit daar te voltooi.

Die vertaling was Tyndale se hoofdoel.

Hugh Latimer kan ons nie uitsluit by die kampioene van geloof nie. Hy was soos ʼn menigte van die ander, ʼn priester en katoliek by uitstek, hart en siel in die praktyke van bygelowe. By sy studies in Cambridge het hy sy intree preek gelewer oor, “Melancthon en sy dogma.” Een van sy hoorders was Bilney en die Here het Latimer op sy hart gelê om vir hom te bid en die evangelie oor te dra. “Hy het na my preek in my studeerkamer gekom en vir my gevra om vir God se saak, sy belydenis te hoor” Latimer’s Sermon’s p. 334. Die katoliek, Latimer was gretig gereed om die dwaalleerder se belydenis te hoor. Bilney se belydenis was egter nie sondebelydenis nie maar die geloofbelydenis en van ʼn Hervormer se dankbaarheid en blydskap in Jesus Christus, en daar was iemand anders ook teenwoordig, die Heilige Gees. God het die duisternis verdryf wat Latimer bedek het. Hy het Jesus Christus gesien as die enigste Verlosser wat vir die mens gegee is. Latimer sê dat hy het meer geleer het in Bilney se belydenis in die paar minute as in al die jare se opoffering en studie. Die twee sou later die martelaars dood op die brandstapel sterf. Latimer het Jesus Christus as die Verlosser wat sy mense verlos het van die straf van die sonde gesien. Terwyl die doktors van die skool, selfs die mees heiligste van hulle meer nadruk op die mens se bydrae en deel gelê het in die werk van verlossing. Bilney het egter God se deel benadruk. Sy teenstanders het gesê dat God se genade dan die sakramente nutteloos maak, en die doop as middel van regenerasie, van geen nut nie. Dit was tog juis die reformasie se standpunt, die genade van God en nie waarvan die gereformeerdes van beskuldig word deur hedendaagse ‘geesvervulde wedergeborenes’ nie. Gereformeerdheid het reeds in die vroeë kerk nie die doop of sakramente gesien as die middel van regenerasie nie. Leuns leuns leuns, lees die waarheid oor Calvyn en Servet op die webwerf. http://www.reformedtruth.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=157:wat-was-calvyn-se-rol-by-servet&catid=5:afrikaans&Itemid=8

Intussen het Latimer deur sy preke die Roomse leerstellings se mure begin afbreek, nêrens was die evangeliese Christene so gehaat nie, en dit deur vreemdelinge van die evangelie. Latimer se preke is bygewoon deur Roomse klerikale met hulle mantels en al en nog nooit was hulle geleer deur so ʼn man nie. Nog nooit was hulle status quo so bedreig nie. Van hom word gesê dat daar nie ʼn prediker in Engeland soos hy was nie. Verbied om in kerke te preek het hy van huis tot huis gegaan. Daar was vier ligdraers wat saamgespan het in Cambridge en die was Latimer, Barnes, Fryth en Stanfford wat nie agterweë by hulle tydgenote in die res van Europa was nie. Een van Latimer se luisteraars was Thomas Becon, later aartsbiskop van Canterbury.

Die White Horse Inn

Hier by Cambridge was ʼn huis wat genoem was die White Horse Inn, hier het die Hervormers bymekaar gekom om die Bybel en die werke van ander Hervormers te lees. Maar hulle het gewag vir die Bybel in Engels. Vandag 2011 is daar ʼn wonderlike radio program in Amerika wat die Reformasie herroep en nuut maak, die word genoem die WHITE HORSE INN met Michael Horton. Asook die tydskrif Modern Reformation. http://www.modernreformation.org/default.php?page=aboutus_WHI

Uiteindelik het die Bybel in Londen aangekom, ʼn onsigbare hand het die voorkomende wagte wat die Bybel wou keer, omseil. So het Tyndale se vertaling van die Nuwe Testament Engeland bereik deur vyf handelaars wat dit in die geheim ingebring het en Thomas Garret het dit in 1526 begin versprei. Die helderheid van die Skrifte het elke leser getref. Die Gees van God het op die waters gesweef, see van grond geskei en van die grond Adams gemaak, die aarde het gevul geraak met geregenereerde Adams en Evas deur die Woord van God.

Hoe het die Roomse klerikale hulle leerstellings beskerm?

Met bygelowe. Thomas Moore het die Supplication of the Souls in Purgatory geskryf. Hier het hy die Siele in die Vaevuur laat smeek om nie die dogma van gebed en aalmoese gee te laat vaar ter wille van die siele in die Vaevuur nie, anders sal hulle almal vir ewig verlore gaan. Die bygelowige mense wou tog nie hulle familie tot die verderf laat gaan nie en sodoende is mense met vrees beïnvloed om nie die evangelie aan te neem nie. Is dit anders vandag met die Roomse Katolieke? Nee, die bygelowe bestaan vandag nog. Nieteenstaande dit, was die Nuwe Testament meer en meer in Engeland gelees en het die Woord vryheid gebring en toegang tot God sonder ʼn aardse middelaar in die vorm van Pous, priester en kerk. Sal een van ons vandag soos Farel instap gedurende die priester se bediening en die evangelie verkondig? In sy tyd is hy op geskiet en aangerand, soos ons in latere hoofstukke sal sien.