Die Kerk Verloor Sy Vroëere Fundamentalisme en Krag

Reformasie was en is nodig vanaf die vroeë Kerk en sal nodig wees tot die wederkoms. Maar niks het die Kerk voorberei as die fenomeen van die tirannie van die Roomse Kerk nie. Vanaf 300 nC het die Kerk al hoe meer afgewyk van die Apostels se lering, en mensgemaakte leerstelling begin aanhang, maar in God se raadsbesluit was daar altyd ligdraers vir die evangelie, deur die donker eeue soos ons sal sien.

Die evangelie wat versprei het gedurende die 4 de eeu was nie meer die primitiewe evangelie van die Apostels nie. Die meer menslike tydperk van die 4 de eeu wat die kreatiewe tydperk van die vroëere Kerk wat oorgelaat was aan die krag van die Woord en die Heilige Gees, vervang met die humanistiese Christene wat nie altyd die geestelike lewe waartoe hulle geroep is begryp het nie. Die religie het geleidelik meer en meer as van menslike oorsprong verander. “In plaas van om te sê, “in die gees van die Evangelie, die Woord van God eerste,” en deur dit; die lering en die lewe en daardeur die vorm; het hulle gesê, “vorms eerste en verlossing deur daardie vorme.” Merle D’Aubinge, bl.21. Hulle het aan Biskoppe ʼn krag voorgeskryf, wat slegs aan die Heilige Gees behoort. In plaas van predikers van die woord, het hulle begeer om priesters te hê; in plaas van innerlike offer, ʼn offer, geoffer op die altaar; en duur tempels, in plaas van ʼn lewende kerk. Hulle het begin om in die mens, in seremonies, in heilige plekke, te soek wat hulle slegs in die Woord en die lewende geloof van die kinders van God te verkry is. Op hierdie manier gee evangeliese geloof plek aan katolisisme, en deur gelydelike degenerasie gee die geboorte aan pousery.

Maar tog; gedurende die eeue heen was daar altyd nederige Christene wat verlossing, nie deur klerikale sakramentalisme onvang het nie, maar deur die Heilige Gees in hulle harte. By die einde van die vierde eeu ontmoet ons sulke voorbeelde.

Voorbeelde van Ligdraers deur Eeue van Donkerheid

Sending na die Druids.

Die vervolging van Diocletianus (wat Johannes op Patmos verban het,) het die gevolg gehad tot die Britse dissipels van Jesus Christus. Baie Christene het gevlug na Skotland waar hulle onder die name Culdees gebly het en vir die verlossing van hulle beskermers gebid het. Eers in 305 is die vervolging onder Contantius Chlorus beëindig. Gevolglik het die jong Christene van die Britse eilande ʼn invloed gehad op die religie van die Druids. Caesar skryf van die Druids dat hulle “kennis gehad van die sterre en die beweging van die hemelliggame, die grote van die aarde en die heelal.” Ook van die kragte van die onsterflike gode; en die dinge het hulle die leerlinge geleer. Ook het hulle geleer van die tradisie van die siel se onsterflikheid en die werke van reïnkarnasie in so ʼn mate dat skuld kon in die volgende lewe betaal word. http://www.britannia.com/wonder/michell2.html Dit was ʼn priesterskap met opleiding. Met die koms van die vlugteling Christene het die Druids, met hul heilige eike, hulle mistieke grotte en hulle bebloede altare die heiligheid van die Christene gesien en die sagmoedige roepstem van die evangelie gehoorsaam. Druidisme wat beskou was as ʼn religie, was ʼn mengelmoes van verwarring van instinktiewe beskouinge van die oorsprong van die menslike ras en die bestemming van die wêreld en mensdom wat in die smeltkroes van oosterse drome van metamsigose wat transmigrasie gedurende seker periodes van onsterflike siele in verskillende kreature beskou het. Die Culdees het tot die agste eeu sonder die Roomse invloed gebly en die evangelie verkondig aan die Celtic gemeenskap. Min word geweet van die geskrewe woord wat die gedwonge sendelinge besit het maar dit kan aanvaar word dat daar sulke Skrifte was. D’Abigne,1853.

Succat

Nie ver van Glasgow, in die Christen stat van Bonavern, die hedendaagse Kilpatrick is ʼn seun Succat in 372 vC gebore. Vir meer detail lees D’Aubinge se geskiedenis Volume 4, 1853. Een dag speel hy en sy twee sisters naby die strand en word gevange geneem deur Ierse seerowers. Succat was as slaaf gebruik om varke op te pas en dit was hier sonder priester of tempel, waar die jong man sy moeder Conchessa se heilige lesse onthou het en op sy knieë daardie nag, onder die leiding van die Heilige Gees van bo gebore was. Die evangelie was op sy hart geskrywe toe hy sestien was. So was daar baie, baie siele van bo gebore gedurende die 4 de en 5 de eeu. Hierdie slaaf, uiteindelik terug by sy familie het ʼn onweerstaanbare drang gehad om terug te keer ʼn Ierland om die evangelie te gaan verkondig aan sy ontvoerders. “Dit was nie uit my eie krag nie maar God het regeer.” Succat, later bekend as die heilige Patrick (ongelukkig is baie bygelowe later aan hom geheg) het die mense in die velde geroep met ʼn drom en eenvoudig die evangelie gepreek, en baie het tot bekering gekom. Nie deur die eksterne sakrament of die aanbidding van beelde nie, maar deur die prediking van die Woord.

Maar helaas, sal daar nie wanneer God aan die werk is nie ʼn Palagius opdaag nie. Hier was die werklike Palagius; ʼn Britse monnik aan die werk met sy vreemde lering. Onthou dit was nou in die 4 de eeu. Basies was sy doktrine; die ontkenning van die verdorwenheid van die mens as gebore sondaar. Die vrye wil van die mens is benadruk, en dat die mens perfeksionisme kan bereik en sodoende heilig kan word vir verdienste. Hierdie sienswyse verskil nie baie van vandag se Arminianisme, wat aangehang word deur die wat Reformatories teologie of Gereformeerdheid as dwaalleer verdoem, naamlik die wat Charismatiese leerstellings beoefen. Ook het die Britse Kerke van daardie tyd tereg geweier om Palagius se perverse lering te aanvaar. “en om godslasterlik die genade van Jesus Christus te verdraai.” In hierdie eeu ook, het Augustine in Europa teen Palagius ter velde getrek. Ons moet ook nie Augustine se briljante skrywes as dwaalleer verdoem omdat hy Rooms was nie, die Augustine van daardie tyd is al uitgeput van omdraai in sy graf van wat die Roomse kerk geword het. Augustine het Gereformeerde teologie soos deur die Apostels gelewer aangehang, alhoewel hy in dwaalleer was met ander katolieke sienswyse. Lees maar Die Stad van God en Augustine se Belydenisse. Dit word aanbeveel dat elke Prediker eers Augustine se Belydenisse lees voordat hy agter die kansel staan. Hy was waarlik wedergebore.

Net soos gedurende die vroeë kerk, was daar ʼn semi-palagius gedurende die Reformasie. Jacob Harmenzoon van Oudewater, sy Latynse naam Arminius het sy verskyning gemaak  met sy vreemde leringe. Leringe wat die meerderheid evangelistiese Christene aanhang nieteenstaande die verdoemende bevinding van die Sinode van Dordrecht in 1618 nie. Die lering wat verdoem is het maar weereens sy verskyning maak in die oplewing van Arminianisme in die 19 de eeu en vandag algemeen aanvaar word sonder om dit te ondersoek of dit volgens die Skrif is.

Dit net terloops, kom ons gaan verder en kyk of daar ligdraers was verder tot in die middel eeue. Hierdie navorsing is heerlik en ʼn riem onder die hart.

Columba

In een van die kerke gestig deur Succat se prediking, het daar twee eeue na hom, ʼn ligbringer van die evangelie verys, Columba. Hy is geroep om in Succat se geboorte land, Skotland die evangelie te gaan verkondig. Die kleinseun van Fergus, met sy adelbloed, het ʼn boot met hout gebou wat met beesvelle oorgetrek was en in 565 nC het hierdie sendelinge die Hibrides bereik, later bekend as Iona. Hier het hy gebly, op die grond geslaap met ʼn klip as sy kussing. Hier het hy van huis tot huis gegaan, van koning na koning. Die koning van die Piets het tot bekering gekom en so baie van sy volgelinge. ʼn Skool van teologie was hier begin en baie het geloof in Christus Jesus gevind. Hierdie rots was genoem die “lig van die Westerse wêreld.” Hier in Iona was die Roomse godsdiens of die Pous nie geken nie. Die evangeliese vuur, wat die kleinseun van Fergus van die afgesonderde eiland het na die res van Brittanje versprei het, het die barbaarse en heidense wildernis omvergewerp. Hierdie sendelinge het ʼn meer lewendige geloof, versprei in hulle eenvoud, as Rome met al sy estetiese aanbiddingsvorme gehad. Die tentmaker sendeling Biskoppe van Brittanje het Gaul, Switserland, Duitsland en selfs Italië besoek en meer gedoen vir die evangelisasie van sentraal Europa as die verslaafde kerk van Rome.

Die Reformasie was nie sonder martelare nie. Ja, reformasie vind plaas vanaf Christus se koms, deur die donker tydperke heen. In 590 het Columbonus, nie die Columba nie (hy het in 597 gesterwe), maar Columbonus het die evangelie gedra na die Burgundiane, die Franks en Swiss. Hy het gepreek ten midde van vervolging en sy dissipel Gall in Helvetia gelos wat in 615 gesterwe het met ʼn brandende hart vir die evangelie, saam met 12 ander sendelinge. So het Brittanje op sy sendings roeping en beurt, die standaard van Christus geplant in die hartjie van Europa.

Pous Gregory die Grote vervolg die Christene in Brittanje. 

By die einde van die sesde eeu het Gregory, die see (Pousskap) van Rome gevul. In die eiland van Groot Brittanje was daar ʼn kerk wat onafhanklik van Rome gestaan het; die moes oorwin word en die geleentheid het hom voorgedoen met die Anglo Saxon’s wat hulle nie aan die evangelie onderwerp het nie. Rome het eerder Christene onder die Pous se heerskappy gekry as afgode dienaars. Dit is toe, wat Gregory vir Augustine afgevaardig het. Onder Augustine 596 (nie Augustine van Hippo 354-430 nie) is Brittanje met mag en mening aan die Pous onderwerp. Die Anglo Saxon, Edelfrid was die instrument daarvoor en het twaalf honderd van die Christene wat hulle dood biddend tegemoet gegaan het doodgemaak wat hulle nie aan die Pous onderwerp het nie. D’Augbigne, bl.32. Die koning van Kent Ethelbert het hierdie Roomse sendeling wat met promp en styl met groot kruis en al aanvaar en in ʼn ou kapel in Durovern (Canterbury) waar die evangelie van Jesus Christus as verlosser gepreek was byeengekom. Hier het hulle die Roomse afgodediens en die vaevuur aanvaar. Augustine het tien duisend daardie dag gedoop, wat ʼn oorwinning vir die donkerheid van die Roomse kerk.

Oswald.

Tog, gedurende die Middel Eeue was daar plante wat ten midde van die dorings gegroei het; deur die hindernis van tradisie en hiërargie en geblom in die son van God se genade, daar was diegene wat se gewete, gelewe het, gepraat het en gekreun het gedurende die heerskappy van die Pous. Ander ligdraers en heiliges van die Geloof was Oswald, gedurende 634 nC. Aidan, is soos ʼn Timoteus wat die Woord van Lewe verkondig het, die Woord van God, as sendeling gestuur met die handoplegging van Iona. Maar, weereens het die Kerk en Petrus (die deurwagter geword) en nie die ope deur van Jesus Christus nie. “Peter is die deurwagter, ek sal hom gehoorsaam, indien daar niemand by die hek sal wees om dit oop te maak as ek daar opdaag nie.” Dit het Oswy die vriend van die Katolieke gesê, die broer van Oswald. Beda, hb. M. Cap. xxv. Hierdie tyd was die beelde en relieke, heiliges, engele en Maria geëer, die verering van latria, doulia en hyperdoulia, was die Roomse aanbidding, God, die heiliges en die Maagd Maria.

Virgil, die aarde is rond 813

Dan was daar Clement wat predestinasie en die Woord van God as die enigste outoriteit aanvaar het en deur Boniface in die tronk gegooi is en later na Rome gestuur is. Ons weet nie wat sy lot was nie. Dan was daar Sampson en Virgil, nog voor Galileo, wat gesê het daar is ander mense onder ons voete, met ander woorde, die aarde is rond. Ons is nou êrens in 813.

Die Bybel was gedeeltelik vertaal o.a. deur Alfred wat op die troon van Wessex in 871 gesit het wat geglo het dat sy dienaar die Bybel in hulle eie taal moet hê. Lig en donkerte, lig en donkerte was gedurigdeur in konflik. Twee eeue later het William die Oorwinnaar besit geneem van Engeland in 1066 onder die Pous se naam. Gou het hy teen Rome gerebeleer en as heerser oorgeneem. “I claim to hold in this hand al the pastoral staffs in my kingdom.” In die eeu was die koning ʼn selfverklaarde tipe Pous met mag oor die kerk.

Grostête, Bradwardine en Edward 111 het die weg gebaan vir Wickliffe en Wickliffe vir die Reformasie. Robert Grostête in 1235 toe hy sestig was, het hervorming begin in Lincoln en sy katolieke diocese. Robert het die outoriteit van die Skrif as bo die outoriteit van die kerk aanvaar. Hy was bekend as ʼn man wat die skrifte ondersoek het, ʼn teenstander van die Pous en ʼn veragter van die Roomse leerstellings.

Pous Inocent 1V het gemediteer hoe om wraak op Robert te neem deur sy bene op te grawe en die verhaal was dat Robert een nag aan die Pous verskyn het en aan die Pous gesê het: “Miserabel! Die Here sal nie jou toelaat om mag oor my te hê nie, Woe aan jou!” Die Pous, asof deur ʼn skerp wapen bewusteloos geslaan het van toe af nooit ʼn rustige nag deurgebring nie en is in die paleis dood met die weerklank van sy murmureringe. Engeland met Koning Edward in hierdie stadium het soos later die golwe van die wêreld oorheers en die Pous was nie meer ʼn bedreiging vir koninklikes nie.

Slot.

Terug na die Reformasie is terug na Fundamentalisme. Fundamentalisme plaas ʼn hoe onus op Bybelse outoriteit en verkies die sekerheid wat gevind word in Bybelse waarhede en norms. Liberale Christendom vrees nie die rekonstruksie, revisie en selfs verwerping van dele van die Bybel nie soos ons kan sien met homoseksualisme. Daarom sê ek, terug na die Reformasie se beginsels. Die ortodokse lering van die vroeë kerk. Die Westminster Geloof Belydenis sê altans van die Skrif: “Die Hoogste Regter waarby alle kontroversies van godsdiens bepaal en onderwerp word. Alle belydenisse, teologie, rade, opinies van antieke skrywes en dogmas van die mens, en private geeste, moet ondersoek word en berusting moet dan gevind word deur wat die Heilige Gees verklaar in die Skrif.”

Dit is wat ons in die midde van ʼn postmoderne godsdiens moet doen, gedurig vure doodslaan van vreemde gode.

Dit was reformasie waarvan ons min te hore kom. God het die kerk nie verlaat gedurende die donker eeue nie, God bou die kerk en die kerk sal bly voortbestaan in mindere en partykeer meerdere mate altans God se Raadsbesluit.

http://www.britannia.com/wonder/michell2.html

D’Abigne, J.H. 1794-1872. History of the great reformation of the sixteenth century in Germany, Switzerland, &C.

Wylie, James Aitken. 1899. The History of Protestantism V2.