DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE

Hoe onvoltooid sou die Bybel gewees het sonder hierdie laaste 2 hoofstukke nie. Hier word geopenbaar wat ons toekomstige staat sal wees waarna die hele Skepping smag. Hier kry ons ʼn mistige maar kort blik op die heerlikheid wat wag. Ons bly in die veld van beelde. Die realiteit van ons heerlikheid sal by verre ons verwagtings oortref, want geen oog het die gesien nie of oor gehoor nie die dinge wat God vir ons voorberei het vir die wat Hom liefhet nie. Die Skrif is soos ʼn blom. Ons vind eers die saad in Genesis, die plant wat groei, die volle ontwikkeling in die Apokalips. Genesis vertel ons dat God die hemel en aarde geskape het. Openbaring beskryf die nuwe hemel en aarde. Die ligte, son maan en sterre word geskep, in Openbaring het ons dit nie nodig nie, die heerlikheid van God verlig die en sy lamp is die Lam. Genesis beskryf die Paradys en Openbaring die Paradys se restourasie. Genesis beskryf die krag en verleiding van die duiwel, die Apokalips die duiwel wat gebind is en in die poel van vuur gewerp word. Genesis vertel ons hoe die mens weggevlug het van die aangesig van God, en in Openbaring die intieme verhouding tussen God en die verloste mens. Genesis wys ons die boom van lewe  waar die mens verbied word en Openbaring die toegang van die mens met Jesus die Boom van Lewe.

Die tema van die boek is dat Christus triomfeer en die duiwel is oorwin.

Rev 21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 

Die eerste aarde het verbygegaan, hierdie nuwe heelal het reiniging ondergaan, elke vlek van sonde, elke wond van euwel, elke teken van dood is verwyder. Uit hierdie is ʼn nuwe heelal gerestoureer. Dit is nuut nie na „ander” nie, die see is nog daar, daar is net nie die menslike korrupsie meer nie, geen besoedeling van die sonde in die massas see (mense in onrus en konflik) is in vrede. Geen onkruid, dorings en dissels nie. Die heelal waar Dier, die Draak , die valse Profeet en die Babiloniese vrou was, het verdwyn.

Rev 21:2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 

Die kerk is gebore van Bo, altyd die resultaat van die Heilige Gees se transformasie van ʼn bruid wat Rein gemaak is.

Die grootste wonder was die skepping van die VROU. In haar was die toekoms van die ras belê; sy was die simbool van die uiteindelike doel van God, ʼn BRUID VAN DIE KONING SE SEUN. Daar is nie vroulike engele nie (engele het nie vlerke nie), engele is die koninklike dienaars wat die ewige troon omring. Heb 2:16  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. Engele was nie vir die mens geskep nie en ook nie mens vir die engele nie. Die Vrou is uniek in die skepping en is superior in natuurlike grasie en aansien. Haar oorgawe in liefde is die sterkste ketting wat die man aan haar kan bind. Sy is die bron van lewe gee, in die misterie van geboorte en liefdevolle geduld in die voeding van haar kinders. Ons vind niks soos dit by engele nie. ʼn Maagd het die geïnkarneerde God voortgebring, die Verlosser van die wêreld. Indien dit nie waar is nie, dan is daar geen waarheid nie, geen hemel, geen God, geen betekenis, geen hoop. Laat die aarde dan maar verdwyn met al sy hopelose miserabele bestaan. Maar die Skepping is ʼn realiteit soos ons met geduld eendag sal sien as die Bruid voor haar Geliefde voor die altaar in die hemel sal staan en alles nuut word, nie herskepping nie maar restourasie van alles, Eden, die Paradys herstel. Soos Adam in ʼn doodslaap van donkerte ingegaan het om Eva voort te bring so het die drie dae van donkerte die Bruid vir die Seun voortgebring deur Sy eie lewensbloed. Die vrou van Samaria van Johannes 4 is ʼn tipe van ons almal, wat onverwags die Bruidegom ontmoet het en wonderlike bonatuurlike verlossing beleef het. Daar is geen ware bekering sonder liefde nie, en geen ware troue sonder om wedersyds aan mekaar jouself oor te gee nie. Eva was een van die groot vroue van alle tye. Sy het haar eerste kind gebaar sonder ʼn dokter of hulp, sy het vir Abel afgestaan aan moord en haar derde kind genoem Set wat beteken die Aangestelde Een, die een waarin die Saad (Jesus) gebore sal word. Sy het geloof gehad in die Proto Evangelie se belofte in Gen 3.15 dat Jesus sal kom en die werke van Satan en haar oortreding van die Skeppings Verbond oortree het ongedaan maak. Dit was haar verlossing, deur geloof is sy gered en nie in werke nie. Nog ʼn goddelike vrou was Sarah, haar kinders was kinders van die belofte.

Rev 21:3  En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. :4  En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. :5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. :6  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die „Hy het dit gedoen.” Die werk van verlossing is voltooi. Hier is die Psalm gedig oor die einde wanneer Christus ons verlossing aankondig, dit is volbring. In die Hebreeus dra die woorde die selfde gewig as die uitroep op die Kruis, “DIT IS VOLBRING” Die probleem van die bose en die korrupsie van die Skepping wat in die hemel begin het, en toe op aarde, was opgelos by Golgota en in die algehele triomf van Openbaring 21.6. Daarom was die Skepping baie goed. Gen 1:31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. Die einde en toe die begin, die Kruis vir die Skepping en die Skepping vir die Kruis. Die misterie wat ons nog verseker sal begryp in Jerusalem of in die hel. Dit is genoeg dat Jesus gesterwe het, en dat Hy vir my gesterwe het. Ek wil nie meer hê in besittings of gesondheid of goeie selfbeeld, of reputasie nie, as my sonde vergewe, my sondesiekte genees, die rykdom van Sy genade en op my bors slaan, “wees my genadig, ʼn sondaar”, en my dors geles uit die fontein van die lewe, sodat ek nooit weer sal dorstig word nie. Diegene wat meer wil hê as dit; dien ʼn ander evangelie, die stad van Babilon, die stad van die wêreld en nie van God nie.

Rev 21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees. :8  Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood. :9  En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

Die Bybel beëindig soos dit begin het, met ʼn bruilof. Die Edense bruilof van die eerste Man en Vrou en die Bruilof van die Lam, die ewige troue tussen God en Mens, van Christus en die Kerk. Johannes word in die Gees opgeneem en sien die Bruid in die beeld van ʼn groot stad, die nuwe Jerusalem.

Dit is ʼn stad, die Heilige Stad Jerusalem. ʼn Gemeenskap van mense wat gemeenskap het met God. Hy tabernakel by ons en ons is Sy eie. Die kerk van die toekoms word hier eskatologies beskryf. Dit is die werke van Sy hande, God se soewereine genade. Dit bly op die aarde. Dit is goud en glas, wat simboliseer die reine, heilige en glansende karakter tussen God en Sy mense.

Rev 21:10  En hy het my in die gees weggevoer op ‘n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal; 11  en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen. 

Die Stad is die Stad van God. Sy is die bruid van al die verlostes van alle tye. Sy is die vervulling van die doel van die algehele skepping en die wonder van die skepping. In vs. 4 en 5 lees ons dit blyplek van God wat by die mens kom bly.„Kyk, die tabernakel van God is by die mense” 

Rev 21:12  En dit het ‘n groot en hoë muur met twaalf poorte gehad, en by die poorte twaalf engele, en name daarop geskrywe, naamlik dié van die twaalf stamme van die kinders van Israel. :13  Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die suidekant drie poorte, aan die westekant drie poorte. 

Die poorte wys dat daar altyd geleenthede was om binne te gaan, Drie poorte aan elke kant vir toegang uit alle nasie, en die 12 engele soos by die paradys se engele laat niemand toe wat nie die Bruilofskleed aan het nie.

Rev 21:14  En die muur van die stad het twaalf fondamente gehad, en daarop was die name van die twaalf apostels van die Lam. 

Dit is belangrik om die betekenis van die getalle op te let. Daar is 12 poorte, 12 fondasies, die muur is 144 hoog, die hoogte, lengte en breedte, ʼn kubus is 12000 furlong. 12 is die getal van die totale kerk, soos daar 12 stamme in die Ou Testament kerk was, so is hierdie stad die opvolger van die OT kerk, of die totale getal van mense van God van die Tuin van Eden ot die einde van tye, want die kerk is een, die Ou Testament en in die Nuwe. Sy fondasies is 12 in getal, en ons het in hulle die name van die 12 Apostels van die Lam vs. 14. Die name van die 12 stamme van die kinders van Israel in die 12 poorte wat vir ons aandui die ware voortsetting van die Ou Testament Kerk met die Nuwe. Paulus beskryf die Kerk as die “Israel van God” wanneer hy aan die Galasiër Kerk skryf. Al hierdie beskrywing in getalle en fondamente met edelgesteentes wys vir ons die Kerk as een liggaam van gelowiges, in die Ou en die Nuwe Testament. Eph 2:20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, By hierdie laaste Oordeel sien Johannes net een Kerk. Al die mense van God is daar, van alle tye, nooit kan daar meer as een kerk wees nie, een Bruid, een Koninkryk van Christus. Hier is die beeld van die wonderlike Kerk, Stad, Bruid maar dan in vs. 8 is die vreeslike vers wat ʼn skaduwee gooi op die wat verlore gaan en die tweede dood ondergaan, diegene wat nie die Stad kan binnegaan nie, diegene wat nie van die Boom van Lewe, die Brood van lewe en die Bloed van Jesus geëet en gedrink het nie, wat nie na die Fontein van Lewe gekom het nie, na die Rots om daar water te drink nie, wat die Messias verwerp het, wat nie hulle nederig gehou het, hulle self versmaai het, op hulle bors geslaan het en sê “wees my genadig ek is ʼn sondaar” maar hulle eie werke gebring het. Die Farisieër het die 10 gebooie almal gehou, maar op werke staat gemaak en nie op die Verlosser nie. Dit is diegene wat nie die Stad kan binnegaan nie, tot in ewigheid moet hulle dit aanskou en buite wees in die poel wat brand met vuur, dood, maar lewend. Die aardse JEROSOLUMA (in die evangelies altyd so genoem) is verwerp weens ongeloof maar in Openbaring skryf Johannes altyd JEROSALEM van die heilige stad en gebruik die meer oorspronklike en meer heilige naam.