Hoofstuk 8

Die Tweede Reformasie in Switserland. Farel, Viret en Froment..

William Farel arriveer in Aigle Switserland in 1526. Hy het vir sy oogmerk gehad om vir Christus brawe en geharde mense tussen die ewige berge en gletsers, of in die vrugbare en sonnige valleie, of langs die glimlaggende mere, mense te oorwin vir Jesus Christus. Die donkerheid van eeue het die gebied versluier maar met skuilname soos Urain en vermom as ʼn skoolmeester, het Farel die lig gebring, die saad van Heilige kennis. Sy skielike metamorfose van ʼn onderwyser na Reformator het die priesters bevrees gemaak. Farel het die preekstoel bestyg en met sy vreeslose brandende oë, sy stem van donder, sy woorde, vinning, vloeiend en gestempel met die majestueuse krag van waarheid, het diegene wat daarvoor bestem was en alreeds voorberei was om die Woord van God aan te neem as hulle gids, bereik. Die saad was geplant en nie lank daarna was Aigle en Bex, stede in Switserland, gewen vir die Reformasie.

In Lausanne is Farel uitgewerp sonder dat hy oogmerkend enige sukses behaal het, maar dan keer hy na Morat. Hierdie keer was die oorwinning van die Evangelie kompleet. Daarna na Neuchâtel wat deur die klein man met die rooi baard met sy sterk stem die priesters, monnike en nonne verskrik het. Farel, het die stomgeslane manne met hulle gladgeskeerde hoofde verbaas deur te sê dat hy nie ʼn godsdiens van Rome gebring het nie, maar van die Bybel. “Laat ons sy brein verbrysel” het sommige geskreeu. Sy prediking was gevoel as nie ʼn ydele versinsel nie, of deel van onbegryplike mistisisme nie, maar woorde van God, die krag van God. Neuchâtel was deur die Wind van die Evangelie verander. Die priesters het duidelik begryp; dat indien hulle nie wegmaak met Farel nie sal Farel wegmaak met hulle “religie” –  hulle tiendes en offerhande, hulle prosesse en orgies. Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om hulle “religie” te bewaar. Hulle het die Reformator gegryp en amper doodgeslaan. Niks kom hom egter verhinder nie. Hy het by tye die preekstoel bestyg terwyl die priester besig was met nagmaal, en die herhalende mantras stil gemaak met die vloeiende, kragtige donderende woorde. By tye is hy aangerand en selfs met wapens aangeval, ander tye het die pyle van berou in die harte van die Roomse klerikale binnegedring. Die priesters het hulle mantels weggewerp en die implemente van offerandes uit hulle hande uitgewerp, terwyl die gemeente die altaar afbreek, die beelde verwyder en hulle nuwe geloof in Jesus Christus Alleen, deur Geloof en Genade tot Eer van God Alleen, en slegs op die outoriteit van die Skrif Alleen bely. Totaal bevry van ʼn Arminianistiese godslasterlik sienswyse. Binne drie weke het vier stede in die omgewing die Evangelie aangeneem. Stede wat van 926 Rooms was, het gevra vir ʼn Reformatoriese Pastoor. Die drinkbekers, prente, marmer en ander skatte van die Roomse kerk is verkoop en hospitale, vir die armes, skole vir die jeug en indien daar oor was vir die staat gegee het. Hier ook het die evangelie sosiale invloed gehad, asook het morele waardes toegeneem.

So het die evangelie van die Woord alleen die vestings van die sterkman verbrokkel. Die leuens en die valsheid ontbloot. Daar was geen kennis van spirituele oorlogvoering nie, geen onbybelse rituele soos hedendaags aan die orde van die dag onder sommige Arminiane is nie, die sogenaamde geloofsatlete wat hulle onskriftuurlike bydraes wil maak en die verslane vyand wil aanvat. Nee! Dit was die dwaasheid van prediking in die midde van swakheid wat oorwinning bewerkstellig het. Die katedraal is geopen en Farel op die preekstoel geplaas met een van sy kragtigste preke. Soos ʼn magtige wind wat oor die aanhoorders waai het hulle volgens die historikus Ruchat, tom. ii, pp. 185 bely: “Ons sal die Protestantse evangelie volg, ons en ons kinders; en in dit, sal ons lewe en sterwe.”

Die evangelie is weer gevestig in waarheid en gees en nie langer was daardie simbole wat die drek van Pousery op hulle tafel gelê het, gesien as dit wat geestelike lewe bring nie. Weg van die mistieke, weg van die simbole, Pous Priester en kerk wat as die deur na die hemel beskou was na ʼn direkte deur van Jesus Christus. Die kerk was gereinig van altare, beelde en prente en kruise afgebreek, uitgedra en neergewerp met die besneeude kroon van Mont Blanc wat majestueus oor alles uittroon. Hulle het die antieke juk gebreek van hulle eie en hulle kinders se nekke. Hierdie grote dag word in herinnering geroep deur die inskripsie van ʼn pilaar met die woorde – “Op die 23 Oktober, 1530, is afgodsdiens verwyder van hierdie kerk deur sy burgerlikes.” Ruchat, tom, ii, 276.

Niemand was verplig om die Reformasie te aanvaar nie en die Reformasie was wettiglik ingestel. Maar dit was Geneva wat Farel in sy geestesoog gehad het. Farel het verdere terugslae gehad, by St. Blaise, was Farel erg aangerand deur priesters en amper sy lewe verloor en is na Morat geneem om te herstel. Hierna is hy na Orbe waar sy eerste preek chaoties was. Daar was slegs drie volwassenes in die kerk en die res was kinders wat soos dooies op die grond gelê het. As Farel begin praat het die “brats” soos marionette opgespring en geraas, so was Farel se eerste preek in die dorp van Orbe. Dit was eers twintig jaar later wat Orbe onder Reformatoriese stede gekenmerk was.

Peter Viret

Maar Orbe het een van die Reformasie se lieflikste geeste opgelewer en mees oortuigende predikers. Peter Viret. Die soetheid van sy stem, die mooiheid van sy idees en die eenvoud van sy lewe het die hoorders aangegryp. Daar was ʼn onsigbare Krag wat voor die hervormers vooruit gevloei het, onder die stede wat vir die evangelie gewen was, was, Neuchâtel, Vallangin, Morat, Grandson, Aigle, Bex en Orbe. Elke dag was die velde ryp vir die oes en het bevoegde en opgeleide leraars hulle aangesluit by Farel.

“ʼn Slordige klein prediker,” sê een van die sisters van St. Claire, met ʼn gooi van haar hoof, “Meester William Farel het gearriveer.” Di,t was Farel se ontvangs deur die klerikales in Geneva. Die angsbevange Roomse klerikale het die strate gewapen geparadeer en groot opskudding was in die stad.

“Kom Farel, jou gemene duiwel.”

“Ek is nie ʼn duiwel nie; ek is gestuur deur God as ambassadeur van Jesus Christus; ek preek Christus gekruisig – dood vir ons sondes – weer opgestaan vir ons geregtigheid; hy wat in Hom glo het die ewige lewe, hy wat nie glo nie is verdoem.”

“Hy is godslasterlik; hy is waardig om doodgemaak te word; dit is beter vir hom om te verdrink in die Rhyn as om hierdie Lutheraan toe te laat om vir die mense moeilikheid te bring.” Het sommige geskreeu. “Maak die Lutheraanse hond dood.” Weereens is hy aangerand en ʼn wapen is na hom gevuur maar hy is gered deur twee magistrate.

Froment

Farel het nou vir ʼn meer geskikte persoon gesoek om na Geneva toe te stuur. Dit was die jong en nie baie brawe Froment wat na Geneva toe gestuur is, waar Farel amper in twee geskeur was. Froment se uiterlike voorkoms was so aanstootlike dat selfs die Hugenote nie na hom wou luister nie. Hy het dieselfde patroon as Farel gevolg en hom as ʼn leermeester uitgegee. Gou het die kinders hulle ouers geleer wat Froment hulle geleer het en so het daar ʼn groot gemeente tot stand gekom. Ryk en invloedryke dames het tot bekering gekom en ʼn groot sensasie in Geneva laat ontstaan. Van Parys het die vertaalde Woord gekom en is onder die burgerlikes verdeel wat oë geopen het. Die sosiale beginsels van die evangelie het weereens begin posvat; diegene van die geloof het in een gemeenskap vergader, in medegelowiges se huis, hulle het mekaar geleer en versterk in die geloof. Eers het geloof gekom; geloof in die vrye vergiffenis van die Evangelie; dan het goeie werke gevolg. ʼn Reformasie van gedrag en goeie maniere het gevolg in Geneva. Die wat Gereformeerd was, het hulle dinge wat voorheen vir hulle plesier verskaf het in die wêreld laat staan. Hulle het die onnodige versiersels aan hulle kleredrag afgeskaf, die oormatige partytjies en gefuif. Hulle het nie meer duur geskenke aan die klerikale gegee nie, maar gespaar en vir die armes en die vervolgde Hugenote en Christene gehelp. Hier het die gemeente vir Froment geneem na die markplein om in die opelug te preek vir die menigte. Froment se preek het die menigte die Roomse klerikales laat sien as die profete van Baal en die Fariseërs as die korrupte Jode wat weereens lewe gekry het in die priesters van Rome.

Die weg was gelê vir groter gestaltes van die Reformasie.

Opsomming.

Slegs enkele draers van Geloof is genoem, sommige vanaf die vroeë Kerk, deur die Middeleeue tot die Reformasie. Dit was die Woord wat herlewing gebring het wanneer die Heilige Gees deur die geskrewe Woord werk en daardeur, dit lewend te maak. Herlewing kom slegs van God en is nie in enige mens se hande nie. Geen heilige lewe of afsondering met vas en gebed bring herlewing nie, maar God, in God se tyd, in Sy Raadsbesluit, deur sy gekose instrumente. Dan daag ek enige mens uit om te sê: dat die Reformasie nie herlewing was nie, dat mense nie wedergebore geraak het nie, dat die helde van die geloof nie; die volle waarheid gehad het nie. Ook daag ek diegene uit wat sê dat huidige Gereformeerde teologie nie daardie teologie het wat die Reformasie geken het nie. Dat die Heidelbergs Kategismus en die Dordtse Leerreëls nie skriftuurlik is nie. Dat die Vyf Solas nie bindende skriftuurlike beginsels is nie.

Dat daar moet teruggekeer word na die Reformasie se beginsels is waar, dit begin egter by die Woord wat die lidmaat gaan verander, dan die Kerk gaan verander. Ons benodig predikers wat sal opstaan soos Farel, in Moreletta gemeente, in Rhema kerke, in saamtrekke wat die Woord bring en verklaar om die dwaasheid bloot te lê. Maar byeenkomste en vreemde fenomene kom en gaan maar die kerk bly staan. Ons wag en wees stil voor God se Raadsbesluit op sy seën wanneer ons stand neem vir die waarheid. Wanneer ons nie van die wêreld word nie, nie soos die wêreld om mense te lok na mensgemaakte produkte en strategieë nie, maar om apart te word en stand in te neem teen populariteit. Die evangelie word gehaat, die waarheid word gehaat en die kerk groei nie soseer as wat dit in kwaliteit toeneem wanneer ons terugkeer na Reformasie nie.

D’Abigne, J.H. 1794-1872. History of the great reformation of the sixteenth century in Germany, Switzerland, &C.

Wylie, James Aitken. 1899. The History of Protestantism V2.

Ursinus, Zacharias. 1562. Commentary on the Heidelberg Catechism.