Ulrich Zwingli

Van ʼn herders hut in die vallei van Tockenburg het die hervormer gekom wat aan sy ouma se voete gesit het en die evangelie gehoor het. Elke dag het die evangelie helderder geskyn. Sy persoonlike kontak met euwel gedurende oorloë, het vir hom die kwaadaardigheid laat smaak, daardie brandende verafskuwing, van dit wat ʼn mens inspireer om ʼn lewenslange stryd vir die omverwerping van dit te gee. Dit was Zwingli se lot. Die doel van sy Hervorming was wyer as Duitsland se oogmerk, syne sou beide Kerk en Staat aanraak. Die fontein van die aanraking is die Woord van God, die evangelie, eers om die individu se karakter te verander, dan die staat van eerbaarheid.

Zwingli het in Zurich begin en soos Wylie dit beskryf het die evangelie posgevat.

“Die hemel van Switserland het begin gloei met die Protestantse dagbreek. Dorpies en huise het uit die donkerheid gekom – die lang en diepe donkerheid van monnikleed. Bern, Bale, Schaffhausen, St. Gall in 1628, het Rome laat vaar en die Goeie Nuus omhels. Die altare waarop Rome Christus se bloed herhaaldelik laat vloei het, (kannibalisme) was omvergewerp; afgode verbrand soos hout; monnike se bedekkings, mantels, krale en vergifnis was weggewerp soos afval; die kerse is dood geblaas, en mense het na die lewende lamp van die Woord gedraai. Die lig het hulle gelei na die kruis waarop eens en vir altyd, die offer gebring was deur die Ewige Priester.”

Die euwels is in die Post Moderne eeu nog daar, maar diegene wat dit omverwerp is nie te vinde nie, die ekumeniese samelewing het daarvoor gesorg. Die euwels is ook in die Reformatoriese oorblyfsels van ʼn sogenaamde kerk vandag en veral in die nuwe Charismatiese bewegings wat van die euwels van Rome weer omhels, waarvoor mense op die brandstapel en bloed in teregstellings gesterf het. Diegene wat die reformasie gebring het en vandag nog Gereformeerdheid beleef word al hoe meer gekritiseer as veragtelike dwaalleerders, deur veral Charismate, en Post- en Pre-millennialiste. Hulle het vandag die lig, hulle het vandag die gees, hulle het vandag die lewende woord, maar helaas hulle donkerheid wat hulle sê, is lig, hoe groot is hulle donkerheid dan nie. 

Anders as Luther wat die nagmaal as konsubstansiasie beskou het, anders as Rome (transsubstansiasie) maar ook anders as Calvyn wat nog ietwat van die mistieke daarin gesien het, het Zwingli dit slegs uit die Woord beskou as: van die menslike kant: ʼn herinnering en belofte en van die Goddelike kant: ʼn teken en seël. Die mens ontvang dit deur geloof en God gee en pas dit toe deur die Heilige Gees. So behou Ulric Zwingli die oorspronklike institusie, reinig dit van die mistieke en materiële, maar behou die geestelike, onaangeraak en perfek

Die sukses van die evangelie het gedreig om die algehele statige materiaal van Roomse rykdom en mag in die stof te laat lê. Daar was besluit om in Lucerne op 15 Januarie 1526 die Reformators te debatteer. Dr. Eck, die Roomse teoloog, sou die Reformators aanpak. Van Zwingli het hy gesê: “Daar is geensins twyfel dat Zwingli meer koeie gemelk het as boeke gelees het.” Dr. Eck het baie mense verdoem tot die doodsvonnis: (John Nagel, Henry Messberg wat teen die Nonne gepraat het) tot die brandstapel gevonnis en ander martelare soos John Hugel die Pastoor van Lindau het singende en biddend met die woorde ‘Vader vergeef hulle,’ tot sterwe gekom.

Dwaaleer onder die Reformasie.

Dit was tyd vir dwaalleer uit eie geledere. Ons praat nie soseer van dwaalleer oor die metode van die doop of wanneer die sakrament toegepas was en word nie, maar van die Postmillenniale sienswyse van die Anabaptiste wat die Reformasie in onguns gebring het, veral by die regerings wat dit beleef het as ʼn siviele oproer en rebellie. Hierdie korrupte sienswyse wat die stroom van die Reformasie besoedel het met dood en nie lewe aan die nasies nie. Indien dit nie verhoed was nie, sou dit ʼn ramp op die wêreld stort.

Wat was die leerstellings van die Anabaptiste wat nie ooreengestem het met die Reformatoriese beginsels nie?

  1. Die Anabaptiste wou ʼn Koninkryk Nou stig, met ʼn Postmillenniale sienswyse.
  2. Hulle wou ʼn teokratiese staat stig met ander woorde rekonstruksie.
  3. Thomas Munser se eienaardige sektariese lering soos hy die aan Zwingli neergelê het was om ʼn kerk te stig, “kom ons stig ʼn kerk waar geen sonde in is nie.” Grebel en Manx, Munser se dissipels, wou dit doen deur eenvoudig sonde gewoontes as heilig te verklaar. Daar is dan geen skuldgevoel nie en geen skandevlek nie. Hulle lewenswyse het in elk geval daarmee ooreengestem. Zwingli was nie daarmee te vinde nie en het hulle met die Woord vermaan.
  4. Sommige het die Bybel in die vuur gegooi en gesê: “Die Woord maak dood.” Die innerlike lig was hulle gids tot die lewe.

Niks Nuuts onder die Son nie.

Die Charismatiese tekens wat hulle geopenbaar het, was om kringe te vorm in die strate, te sing, te dans, in die stof te rol. Op sak en as letterlik aan te trek en as op hulle te gooi, deur die strate te hardloop en dierlike geluide te maak en profesieë te uiter en openbaringe van die Heilig Gees. In die verlede in Munster het hulle geprofeteer oor getroude vrouens wat met ander moet trou. Hulle was so wanordelik deur ook in die nagte te sing, psalms en dan vreugdevolle ballades en dit genoem: “Die Here se tafel op te stel.” Dit was so onstigtelik en sosiaal onaanvaarbaar dat die siviele magistrate teen Zwingli se raad, 14 laat opsluit het. Maar, met ʼn wonderwerk het Engele, net soos vir Petrus, hulle verlos uit die tronk waar hulle ontsnap het nadat die ‘Engele’ die planke verwyder het en kon hulle uitkom. Hulle sekte is gedebatteer en verdoem as dwaalleer. In sommige gevalle het dit so fanaties ontwikkel in onstabiele gedrag, sodat dit in Switserland verban was. In een geval van John Schuker waar sy familie die nuwe doop ontvang het en daarna met wyn, visioene, en fanatieke tirades gevier is, het sy seun sy broer onthoof. Daarna het hy met sy swaard deur die strate die Dag van die Here verkondig. Dit is nie dat die daad die gevolg was van die wederdoop nie, dat dit ʼn uitsonderlike geval was is dalk waar, die seun is gestraf met onthoofding deur die magistrate. Soos menigte Baptiste vandag beweer, dat hy is onthoof oor sy wederdopery en daarom ʼn martelaar is vir sy geloof, is ontbloot van alle waarheid. Dieselfde in die geval van Manx wat nie verdrink is deur die magistrate as oordeel omrede hy ʼn Anabaptis was nie, maar omrede hy siviele onrus gestook het deur nie die magistrate se outoriteit te aanvaar nie, sy volgelinge geleer het om nie wettige fooie te betaal nie en tot dade van aggressie en bloedvergieting aangespoor het. Anabaptisme se leerstellings van Triomferende Kerk deur visioene, nuwe openbarings van die Heilige Gees buite Bybel verband het Switserland nou in gevaar gestel net soos dit in Duitsland, bloedige tragedies tot gevolg gehad het. Die Raad het nie langer die dade van Manx geduld nie en hy is tereg in daardie tyd se beginsels, in diep water ingeroei en in die water gegooi om te verdrink.

Zwingli, net soos die geval van Calvyn by Servet of Servetus se siviele oproer, het geen invloed gehad om dit te keer of die besondere teregstellings te verhinder nie. Zwingli het geweet; dat van die Reformasie sal gesê word: “Kyk watter bitter vrugte groei daar op die boom van die Reformasie.” Zwingli se uitgangspunt is: dat slegs die lig van die evangelie die instrument is om met die fanatiese beweging te deel.

Die ooreenkoms met Charismania is skokkend. Dit blyk te wees dat ʼn “tweede ondervinding” gepaard gaan met die wederdopery ʼn voorloper is van eksterne Bybel fenomene. Bybels, is daar nie so ʼn tweede ondervinding nie, maar met wedergeboorte en die fanatieke soeke na ʼn tweede ondervinding, gebeur daar fenomene wat nie strook met die Skrif Alleen nie. Nie dat die wederdoop die voorloper of oorsaak is van onskriftuurlike fenomene nie, maar die honger na meer as wat die Woord jou bied stel jou bloot aan kragtige desepsie. Na mag, spirituele ondervindings, visioene en openbaring van die Heilige Gees buite verband met die Skrif. Dit skyn so te wees indien ons na die fenomene kyk met diegene wat wedergebore was uit die Roomse kultuur. Hulle was gered maar in watter kultus. Vandag word sommige gered uit ʼn sogenaamde dooie evangelie, kyk neer, verdoem Gereformeerdheid en loop dieselfde pad as die Charismate en dan word jy gered, in wat? Dit kan begryp word dat sommige uit die Roomse kerk wat verlos word beskou dat hulle infantiele doop deur die onbekeerde Priesters in die Roomse milieu as betekenloos beskou was en wou hulle opnuut laat doop met hulle nuutgevonde geloof. Calvyn het immers gesê: “Nu, wij weten immers, dat de doop onder het pausdom zoo verdorwen is, en zoo verontreinigd met bijgeloovigheden en ongerechtigheid, dat geen kind hem kan ontvangen zonder tegelijk bezoedeld te worden. Zoo kan dus een vader zijn kind zonder zonde daar niet laten doopen.” (Het Gepredikte Woord,1553) Dat die onderdompeling nie die metode van die bediening van die sakrament was nie leer ons uit die geskiedenis. Die eintlike geboorte van Anabaptisme is toe Grebel die eerste volwasse doop in Zurich op die nag van die 21 Januarie, 1525. Die verhaal vind ons in die manuskrip van die Hutterian Broederskap, Hutterian Brethren, bekend as die Geshicht-Buch. Die epiese byeenkoms was in die huis van Felix Manz, toe 15 broers byeengekom het in gebed. George Blaurock het vir Conrak Grebel wat hy as die geestelike leier beskou he,t gevra om hom te doop op sy geloofsbelydenis. Dit het Conrad Grebel dan gedoen, met die eerste volwasse doop in die Reformasie tye. Na Blaurock gedoop was, het Blaurock ander gedoop, “met ʼn handvol water.” So het Martyrs Miror dit beskryf deur ʼn handvol water te giet op die gelowiges se koppe. Nog die nie doop, nog die doop het enige krag maar ʼn nuwe skepsel, ʼn besnedene van hart waarvan die doop net ʼn teken was en is. Die latere Blourokke se noemnaam kom van daardie eerste dopeling. Dan het die Lede in Christus van die Blourokke onder Suster Frazier afgestig onder Broer Prinsloo in Suid-Afrika.

Ons kan nie help om te wonder oor Calvyn se sienswyse oor die Roomse doop nie. Aangesien daardie infantiele doop van die hervormers vir hulle, soos Calvyn dit stel: “besoedeld” was, waarom het hulle nie wedergedoop nie. Luther het tog nog sy doop onder die Pous gesien as legitiem. Dan diegene wat gevoel het dat Roomse leerstellinge sonder seën was, soos Blaurock, en hulle weer laat doop het, het hulle dit tog gedoen met ʼn handvol water. Die vraag is dan wat het hulle met hulle kinders gedoen as nuwe hervormers uit die Roomse Kerk? Is hulle as kinders gedoop in die geloof van die belofte van Abraham of is daar gewag dat die kind tot ‘bekering’ kom?

Zwingli beskryf die Gereformeerde sienswyse as volg:

Die Misterie van die Ou- en Nuwe Testament, as Een Kerk, een doop, een volk.

Kom jy nuwe bekeerlinge tee in Charismatiese kerke dan word die nuwe Testament beskou as die Alpha en die Omega en het die Oue weinige invloed of betekenis en word dit selde bestudeer, of indien dit wel bestudeer word, nie kan insien dat alle profesieë oor Israel vervul is in Jesus nie. Gereformeerdheid begryp die eenheid van die Ou en die Nuwe. Die Kerk van die Ou en Nuwe is een. Die Oue word jy uit geloof gered en uit geloof in die Nuwe. Die Oue was die voorloper, die skaduwee, die simbool, die teken, die onvervulde geestelike in die letterlike tipes, naamlik vleeslike Israel word geestelike Israel, Die Paaslam word Jesus Christus, die altaar word die kruis, die besnydenis word die geestelike besnydenis, versinnebeeld in die doop. Zwingli se begrip, soos ons eie, word verdiep en gereinig deur die kontroversie van doop en Charismatiese dwaalleer. Zwingli en ons was verplig om die verhouding, waarin die Oue en Nuwe Testament tot mekaar staan, te begryp en ons kom tot die besef dat onder die twee name, is hulle een boek, dat onder die twee vorms, is daar een openbaring. Net soos die verplanting van bome van die kwekery na die ope veld word geeneen van die natuur of die verandering van die gebruike verander nie. Net so, word die verplanting van die institusie van Heilige openbaring van die Oue Testament, in die grond waarin die plante eers geplaas was, en na die Nuwe Testament of Evangelie dispensasie verplaas word waar hulle permanent floreer, het hulle net so, enige verandering of invloed in hulle natuur en ontwerp gehad nie, maar het hulle identiese institusie gelaat. Hulle het liggaamlik dieselfde prinsiepe en bedien tot dieselfde einde. Doop, het Zwingli kortliks geargumenteer is besnydenis, en besnydenis doop, onder ʼn verskillende uiterlike vorm. Water in Doop soos bloed in besnydenis, wys na die verwydering van innerlike onreinheid en die was deur die Gees vir verlossing. Soos die besnydenis wys na die onderneming na gehoorsaamheid aan God se opdragte, so wys die doop op ons ʼn obligasie na ʼn heilige lewe, of ons terugkyk daarna toe ons as kind gedoop was of as volwassene. Geensins het dit enige verband met Roomse en Anglikaanse leerstellings waar hulle doop en nagmaal jou onskriftuurlik “red” nie.

Die Uittog uit Die Roomse Egipte van Arminianisme.

Die Hervormers het debat na debat deur die Woord gewen in Switserland onder Zwingli se leiding. Op twee sessies van twintig dae vanaf die 6 Januarie1528 het die debat aangehou. Op die een Sondag het ʼn Priester in al sy sekretoriese bekleding die Roomse nagmaal geoffer. Toe hoor hy Zwingli se woorde. “Hy het na die hemel opgevaar,” in ʼn stadige eerbiedige stem; “en sit aan die regterhand van God die almagtige vader,” weer het Zwingli gewag, “van daar sal hy kom om te oordeel die lewende en die dode. Hierdie drie artikels kan nie staan met Rome se nagmaal nie.” Die Priester is getref deur die waarheid, sy priesterskleed op die altaar gewerp na Zwingli gekyk en ten midde van al die Roomse gevolg gesê, “As die nagmaal op geen beter fondasie staan as dit nie, sal ek dit nie nou lees nie en nooit meer lees nie.” Dit was die oorwinning van die Woord oor Rome. Al die afgevaardigdes het hulle onderwerp aan die Reformatories beginsel. Hulle was beperk tot die Skrif en hier het Zwingli hierdie wapen gebruik en uitgestyg bo sy kollegas van daardie tyd. Die nagmaal is beëindig, die offerhande afgestel en die altaar opgebreek want dit was nie meer nodig nie, die materiële objekte van verering, die afbeeldings het die lot van altaar geword. Op daardie Paassondag is die Nagmaal op die eenvoudige model van die primitiewe kerk gevier, meer heilig en eervol as in die katedraal met al sy estetiese en ekstatiese liturgie, altare, banners, muurbehangsels en orrels. Openbaring 5:9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, 

Openbaring 5:10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. 

So was die verering wat gevloei het uit die nuwe lewe wat slegs geloof bied, ʼn uittog uit die Egiptiese, uit die pantomimiese ritueel en histrioniese verering van die Roomse Kerk. Tog word hierdie triomf versmaai, verafsku deur die sogenaamde Charismatiese Pinkster herlewing wie se teoloë en teologie, patetiese leraars en kennis wat nie kan kers vashou by die mees eenvoudigste monnik wat uit die klooster se donker kelders die lig van die evangelie aanskou het nie, die volle evangelie volgens die Woord van God. Met sy heilige spoke en al, sy gebrabbel en demoniese skater, sy diamant ringe en geweefde pak klere met sy Merc en sy Message Bybel, sy plaashoed met al sy manne weet niks van vervolging lyding, ware Bybelse en skriftuurlike inhoud van die evangelie nie. Die Gees sonder die letter van die Woord is ʼn dwalende entiteit, in ʼn labirint van dwaalleer.

Hoe wonderlik was daardie goue lig wat geskyn het nie, dieselfde lig wat nou nog skyn maar deur die Charismania van die tyd in materiële goud verander word. Roomse altare en estetiese en ekstatiese verering kom terug om lidmate te lok en die vorms van vlae, kerse, teater aanbidding, danse, musikale swaar metaal aanbidding, dromme terugbring na die vroeë sendelinge dit uit die kerk gesit het, is dit nou terug.

Algemene Reformasie.

Basle.

Van Bern na Basle, die ander konfederasie van Switserland het die Reformasie deur individue versprei. Die getalle van 3000 bekeerlinge in Basle het die 800 Roomse Katolieke verplig om die tuig van onderdrukking, manipulasie, uitbuiting deur profyt te maak uit die bloed van die Lam (soos vandag deur die Charismata) op hulle valse altare neer te lê. Weereens is altare, afgode, afbeeldings opgestapel en verbrand, daardie onwettige voorwerpe wat die plek van Christus ingeneem het, om na die eenvoud van geestelike aanbidding in waarheid en Gees terug te keer. Sonder dat daar ʼn besering of verlies van goedere was, het die Roomse onderdane Basle verlaat. Waarvan Erasmus een was, wat nie; slegs die Woord van God, slegs deur Jesus Christus, deur Geloof Alleen, deur Genade alleen tot eer van God alleen aanvaar het nie. Hier het Erasmus sy geliefde dorp waar hy as briljante akademikus, skrywer en vertaler van die Bybel in Grieks aansien geniet het, vaarwel toegeroep. “Jam Basilea, vale!” Basle, totsiens, totsiens!” Hy het nie kans gesien om sy eervolle posisie prys te gee in ruil vir die van ʼn verlore sondaar; die gelykmaker van die Reformasie nie. Nee terug na Wolsey en Henry die V111.

Hier was weereens ware herlewing, terug na die primitiewe kerk met suiwer leringe. Vandag se sogenaamde herlewing is terug na Rome, na Munster se gees van onskriftuurlike entoesiasme van ʼn Postmillenniale, triomferende, superieure ‘Evangel,’ van latere reëns wat die weg sal baan vir Christus om te kan kom. In die vorm van ongeestelike predikers wat die preekstoel nie waardig is nie soos Rodney Howard Brown, Copeland, Meyer, Osteen, Hagee, TBN se prag en praal predikers en menigte ander sogenaamde Tele-evangeliste. Patetiese figure indien jy hulle langs Farel of die lelike onderwyser Froment laat staan.

Dit was nooit alles rooskleurig nie. Die platteland in die berge het die Reformasie heftig teegestaan en het predikers vervolg. Op die 22 Mei, 1529, is Pastoor Keyser naby Zürich veroordeel en verbrand. Waardig het hy gesterf as ʼn eer om te ly vir die evangelie. Die bekeerlinge van die distrik van Gaster het al die afbeeldings uit die kerke gedra en dit in die middel van waar vier paaie kruis geplaas. “Sien, hierdie pad lei na Schwytz, die een na Glarus, die ander na Zürich en die vierde na Coire. Neem die een wat vir julle goed lyk. Ons sal vir julle veilige begeleiding gee, maar indien julle nie beweeg nie sal ons julle verbrand.” Die afgode het geweier om te marsjeer en is dan verbrand. So was die ʼn humoristiese geval. Die Roomse het glad nie gedink dit is snaaks nie.

Zwingli was ʼn Pastoor, burger, politikus en patriot. Switserland se vryheid was bedreig en hy het geregverdig gevoel om dit met sy invloed te verdedig. Die Raad van Zürich het besluit om godsdiensvryheid te verdedig en ʼn stop te sit teen die onthoofdings, verbrandings en vervolgings van hervormers. Wat was hervormers anders as wedergeborenes uit die duisternis, dit, moet ons nie vergeet nie. Om godsdiensvryheid te bewaar moes hulle die swaard aangord. Zürich het oorlog verklaar.

Ons gaan nog net kyk na Farel,Viret en Froment se sendings pogings. Weereens die doel van die studie is om te benadruk dat die Heilige Gees is uitgestort op Pinkster dit maak die kerk Pinkster, die Apostoliese Sending. Die Reformasie was Pinkster met die verkondiging van die Woord wat herlewing uit Roomse leerstellings gebring het.

Die swaard het oorwinning gegee vir Romanisme. Die braafste en beste van die stedelinge het op die slagveld gelê, een was Zwingli en met hom het mense geglo die einde van die Reformasie in Switserland.